SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Nee dankie as Steve ook sing
David Kramer: “Nee.”

David Kramer het ’n toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek van die hand gewys eerder as om ’n verhoog met Steve Hofmeyr te deel.

Dít is wat twee weke gelede gebeur het by ’n deftige private geleentheid op die Rust en Vrede-wynlandgoed tussen Somerset-Wes en Stellenbosch, gereël deur Alexa Strachan, feesbestuurder van Aardklop.

Bekende name sou die verhoog met Kramer deel. Daar was ’n groot orkes wat gekoördineer is deur die musiekvervaardiger Matthys Maree. Ook Coenie de Villiers, Stef Bos, Corlea Botha, Lize Beekman en Brendan Peyper het saam konsert gehou.

Net genooide gaste en borge was welkom. Op die nippertjie het Kramer egter uitgevind Hofmeyr se naam is óók op die program en hom onttrek. Op ’n navraag of hy later sy toekenning sou kom haal, was Kramer se antwoord kort en kragtig: “Nee.”

Steve Hofmeyr. “Politieke agendas” maak hom ongewild by ander Afrikaanse musikante. Foto: Deon Raath

Volgens Strachan is die konsert geborg deur die Atterbury-groep om behoeftige studente te ondersteun. “Dit was ’n pragtige konsert en dit is jammer so ’n voorval het onaangenaamheid veroorsaak,” sê sy.

Volgens Kramer se vrou, ­Renaye, is hy nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Schalk Joubert, baskitaarspeler wat dié aand sou speel, wil nie namens Kramer praat nie, maar sê hy ondersteun sy besluit. “Dit is nooit goed om ’n verhoog te deel met mense wat politieke agendas het nie,” sê Joubert, wat al saam met Anton Goosen en Valiant Swart opgetree het. “Dit maak nie saak aan watter kant so iemand is nie, baie musikante wil nie daarmee geassosieer word nie. En ons almal weet wat Steve doen, is stap vir stap ’n calculated move.”

Hofmeyr is bewus van dié kritiek teen hom. “Ek sal lewenslank veg teen kunstenaars wat ander se opinies onderdruk. Én teen hul eienaardige voorliefde vir rasgebaseerde wetgewing.”

Hy verwys na “die Kramers, Sloete en Zietsmans”. Johan Sloet de Villiers van die Afrika-Europese Indaba (AEI) was betrokke by drie Hofmeyr-konserte wat al in die hek geduik het: een by die Paarlse wynlandgoed Nederburg en twee in Nederland.

Die sangeres Elzabé Zietsman is in Hofmeyr se slegte boekies oor haar uitsprake teen hom nadat hy in 2014 “Die Stemby die Innibos-fees gesing het.

“Ek sal tot ek sterf my grondwetlike reg op assosiasie en internasionale reg op selfbeskikking eis,” sê Hofmeyr. “Ek daag linkses, demokrate en ander sneeuvlokkies vir ’n debat waarin hulle my kan oortuig dat behoudendes, soos ek, nie ’n inkomste of podium verdien nie.”

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  David Kramer  |  Toekenning  |  Sangers  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.