Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nehawu sal Cosatu-staking ondersteun

Die gesondheidswerkersvakbond Nehawu sê hy steun die vakverbond Cosatu se nasionale staking op 7 Oktober.

“Ons beskou die optrede as ’n integrale deel van wat nodig is om die momentum te behou,” lui ’n verklaring deur die Nehawu.

Cosatu wil deur die nasionale staking druk op die regering plaas om daadwerklik met korrupsie af te reken. Sizwe Pamla, woordvoerder van Cosatu, het voorheen gesê dis nie genoeg dat die ANC en die regering stappe aangekondig het om korrupsie uit te roei nie.

Nehawu dreig al lank om te staak oor onder meer salarisverhogings en die verbetering van veiligheid in die werkplek ten opsigte van Covid-19. Die vakbond het vroeër vandeesmaand geëis dat sy leiers met pres. Cyril Ramaphosa oor die kwessies vergader.

Rolspelers vergader met pres. Cyril Ramaphosa en ander ministers. Foto: Twitter/Nehawu

Die vergadering is toe Vrydag gehou. In Nehawu se verklaring gee die vakbond terugvoer oor die vergadering waar ooreengestem is dat taakspanne waarop lede van die regering en Nehawu dien, sal voortgaan om die betrokke eise te bespreek.

Verslae van die taakspanne sal later voorgelê word aan senior leiers van die regering.

Volgens Nehawu het Ramaphosa verder voorgestel dat ’n dringende vergadering met regeringsleiers, Cosatu en ander belanghebbendes byeengeroep word om oplossings te vind in die belang van werkers, die openbare sektor, die land en die ekonomie in die algemeen.

Ramaphosa het volgens die vakbond gesê hy hoop dat so ’n vergadering maniere en middele sal vind om die dooiepunt op te los.

Meer oor:  Nehawu  |  Cosatu  |  Staking  |  Nasionale Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.