Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Net 1 brandweerwa gestuur toe hutte brand’

Die brandweer in Johannesburg is gekritiseer oor sy hantering van ’n brand in Zandspruit wat Dinsdagmiddag 21 plakkershutte in puin gelê het.

Volgens Victor Mafinyna, wyksraadslid, is die brand glo deur ’n paraffienstoof veroorsaak.

“Op hierdie stadium blyk dit asof die inwoners sal tuis gaan by ander familie en bure totdat hulle strukture herbou kan word.”

Mafinyna sê die brandweer en reddingsdienste is onmiddellik ontbied om die brand te blus.

“Mense was teleurgesteld in die diens van die stad wat net een brandweerwa na die toneel gestuur het. Die water in die brandweerwa was ook op voordat die brand geblus was en hulle moes gery het om weer water vol te maak. Dit het sowat ’n uur en ’n half geneem,” het hy gesê.

Mafinyna sê verder die gesinne wat dakloos gelaat is, het veral boumateriaal nodig om hulle huise te herbou en het vir skenkings gevra.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het bevestig 21 strukture het afgebrand en sowat 30 families is dakloos gelaat.

Netcare 911 sê hulle is omstreeks 13:42 uitgeroep na die brand langs Beyers Nauderylaan.

“Die brand het glo in ’n plakkershut begin en het vinnig na ander strukture versprei.” het Shawn Herbst gesê.

Herbst het bevestig niemand is beseer nie.

Die brand in Zandspruit het Dinsdagmiddag 21 plakkershutte in puin gelê.

Meer oor:  Johannesburg  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.