Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Net 2 uit 16 rekenaars werk by Beitbrug

Net twee van die 16 rekenaars by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe werk.

Dít is wat die DA beweer nadat ’n afvaardiging van die party Woensdag die grenspos in Limpopo as deel van ’n parlementêre oorsigproses besoek het.

Haniff Hoosen, DA-woordvoerder oor binnelandse sake, sê “daar is ’n algehele ineenstorting van tegnologie en rekenaarsagteware wat verouderd is”.

’n Afvaardiging van die DA het Woensdag die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe besoek. Foto: VERSKAF

Die DA het ’n oorsigbesoek aan die grenspos gebring nadat hy klagtes gekry het van mense wat beweer dat hulle in ellelange rye daar moet wag.

Hoosen sê onwettige sigarette wat oor die grens gesmokkel word en plofstof wat onlangs by die grenspos gekry is, is ook ’n bron van kommer. Drie mense is die afgelope naweek deur die polisie by Beitbrug in hegtenis geneem met plofstof in hul besit.

Volgens Hoosen kan amptenare by die grenspos nie hul werk behoorlik doen nie, omdat hulle nie behoorlike toerusting het nie.

Mense by die grenspos het by die DA-afvaardiging, wat Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, en Suzan Phala, DA-lid vir veiligheid in Limpopo, insluit, gekla dat beamptes hulle glo omkoopgeld van R200 vra in ruil daarvoor om vinniger gehelp te word.

Haniff Hoosen, DA-woordvoerder oor binnelandse sake (heel regs), en Suzan Phala, DA-lid in Limpopo, Woensdag by Beitbrug. Foto: VERSKAF

Hoosen sê Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, is uit voeling met die bedrywighede by die grenspos.

“Korrupsie en die onbevoegdheid van die departement van binnelandse sake is die rede waarom daar ’n toename in onwettige immigrante is,” sê Hoosen.

Hy het weer ’n pleidooi gelewer dat die vervalle grensdraad tussen Zimbabwe en Suid-Afrika herstel moet word. “Maak seker dat die proses om wettig die land in te kom vergemaklik word deur bevoegde beamptes aan te stel.”

Hoosen sê daar moet ook strenger opgetree word teen mense wat onwettige immigrante in diens neem.

Die departement van binnelandse sake het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Beitbrug-Grenspos  |  Limpopo  |  Zimbabwe  |  Rekenaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.