Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Netbalspeler (17) sterf in haar slaap weens aneurisme

“Paballo was werklik ’n talentvolle en pragtige kind en ons skool is in rou gedompel,” sê Handré Alberts, hoof van die Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort.

Paballo Francis (17) wat die naweek weens ’n aneurisme dood is, was ’n talentvolle netbalspeler wat vir die sport geleef het.

Alberts sê Paballo Francis (17) het die naweek van hoofpyn gekla. Sy het Saterdag in die bed geklim en in haar slaap gesterf.

’n Nadoodse ondersoek het intussen getoon dat sy aan ’n aneurisme gesterf het, sê Alberts.

Volgens hom was Paballo ’n uitblinker en het sy vir netbal geleef.

Sy was baie gewild en geliefd in die skool en het ook op akademiese gebied uitgeblink.

“Sy was ’n pragtige kind. Sy was van gr. 2 af by ons in die skool, en sy en haar klasmaats kom al ’n lang pad saam. Hulle is baie hartseer oor haar dood.”

Paballo was in matriek en is onlangs vir die Vrystaat se Jaguar-netbalspan gekies.

Die skool het Maandag op die netbalbane ’n roudiens vir haar gehou.

Alberts sê die leerlinge het wit ballonne ter ere van Paballo losgelaat.

Volgens hom is Paballo se ouers albei dood toe sy nog klein was en sy het by haar ouma, Happiness Francis, grootgeword.

Leerlinge van die skool het Maandag op die netbalbane van hul skoolmaat, Paballo Francis, afskeid geneem en wit ballonne in die lug opgestuur.

Meer oor:  Brandfort  |  Huldeblyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.