Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Netwerk24-joernalis met FAK Prestige-prys vereer

Die joernalistiek hou ’n mens elke dag nederig, sê die joernalis Charles Smith wat Donderdag ’n FAK Prestige-prys vir die bevordering van Afrikaans in die media gekry het.

“Dit voel dikwels vir my of ek weer hoed in die hand staan,” sê Smith, Netwerk24 se nuushoof vir die sentraal-streek en Volksblad se nuusredakteur.

FAK Prestige-prys
Charles Smith met die ontvangs van sy FAK Prestige-prys by die Pretoria-buiteklub. Foto: Christiaan de Beer/FAK

“Eintlik begin jy elke dag oor. Dit is gevaarlik om te dink jy het dit gemaak. Jy het dit nooit gemaak nie.”

Smith het saam met die akteur Frank Opperman en Marna Jordaan, hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, Prestige-pryse in die Pretoria-buiteklub gekry.

’n Prys is ook postuum aan die ontslape skilder Walter Meyer toegeken.

“Ek dink die groot twyfel oor dié prys, wat vir my ’n groot eer is, is die vraag: Hoekom ek? Daar is baie joernaliste wat reusewerk doen. Maar dit is vir my ’n groot eer.”

Smith het nie geweet wie saam met hom vereer sou word toe hy aanvanklik van die prys in kennis gestel is nie.

“Dit is vir my ’n groot, groot eer, want Walter Meyer . . . ek wens ek kon sê ek besit ’n Walter Meyer. Ek wens ek kon sê ek het hom ontmoet. Ek bewonder sy werk. Ek is ’n groot aanhanger van hom, sowel as van sy werk.”

Frank Opperman Foto: Christiaan de Beer/FAK

Opperman het sy prys vir uitnemende kultuurprestasie in die Afrikaanse toneelkuns gekry.

“Ek is dankbaar dat hulle vir my dankie sê, ’n mens voel jy raak nou oud,” sê Opperman.

“Die geleentheid was vir my en my ma ’n lekker outing.”

Opperman verskyn in die nuwe kykNET-reeks Tydelik Terminaal, wat Woensdag begin.

Intussen voer hy die solostuk Donkie gereeld op.

Jordaan het haar prys vir die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding gekry.

FAK Prestige-prys
Marna Jordaan Foto: Christiaan de Beer/FAK

Meyer se prys is toegeken vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

’n Boek van Smith se joernalistieke werk, Nuusmakers – stories oor mense, nuus en gebeure oor 30 jaar, word eersdaags uitgereik.

“Dit is ’n wonderlike voorreg dat Volksblad my boek uitgee,” sê Smith.

“Jy begin soek. Watter stories uit 30 jaar kies jy?

Daar was onderhoude met (die skrywer) Dot Serfontein en (die skrywer en akademikus) Jaap Steyn. Tydlose stories, soos my reis langs die Oranjerivier af. My drie jaar in Amerika, besoeke aan die Amish van Pennsilvanië en reise saam met Obama. Ek was eintlik bevoorreg om by plekke uit te kom waar ander mense nie uitkom nie.”

Smith soek graag na uitsonderlike karakters en dialekte in Afrikaans.

“En dis wonderlik as so ’n soektog iets oplewer.”

Meer oor:  Fak  |  Frank Opperman  |  Marna Jordaan  |  Charles Smith  |  Walter Meyer  |  Pretoria  |  Onderwyser  |  Visuele Kuns  |  Akteur  |  Fak Prestige-Prys  |  Joernaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.