Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Netwerk24-skrywers wen ATKV-Mediaveertjies

Skrywers van Netwerk24 en Die Burger het Vrydagaand vier ATKV-Mediaveertjie-toekennings ontvang.

Murray La Vita het in die lees-afdeling die toekenning vir beste leefstylstorie ontvang met sy storie “Viriel en peperduur: Ontmoet Karoo se goue ram” wat in Die Burger se By en op Netwerk24 gepubliseer is.

Murray La Vita, artikelskrywer van Netwerk24. Foto: Argief
Leti Kleyn
Elmari Rautenbach

Suzette Truter het die prys ontvang vir die beste sportartikel “Kind van die wind” wat in Die Burger se By gepubliseer is.

Leti Kleyn is beloon met die prys vir beste diepte-artikel “Die Tankwa-Karoo kan ’n kind heel opvréét” wat in Die Burger verskyn het.

Die prys vir beste kunsresensie is aan Elmari Rautenbach toegeken vir haar resensie “J.M. Coetzee as jeugdige fotograaf”.

Die geleentheid is in Katy’s Palace Bar in Kramerville, Sandton, gehou.

Die aktrise Kim Cloete, wat onder meer vir haar rol in Binnelanders bekend is, was die seremoniemeester.

Loki Rothman, kitaarspeler, en Hiram Koopman, saksofoonspeler, het die gaste met hul talente vermaak.

Volgens Nita Cronjé, bestuurder: kunste en feeste van die ATKV, word die ATKV-Mediaveertjies jaarliks toegeken om uitnemendheid in die media te bekroon.

“Ons wil erkenning gee aan die belangrike rol wat die media in die samelewing speel om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak. Hul rol is van kritieke belang.”

Kassie:

Die wenners in al die kategorieë

LUISTER:

  • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram: Willim Welsyn – WAT met Willim Welsyn – podsending;
  • Beste insetsel in ’n joernaalprogram: Johan van Lill – “RSG Kuns: Oude Libertas 40 jaar” – RSG;
  • Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Phil Loots – “Fiks vir die lewe: Om te gee” – RSG;
  • Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram: Izak du Plessis – Monitor: “Paternoster Vissers” – RSG;
  • Beste joernaalprogram: Ilse Salzwedel – Skrywers en boeke: “Die woordketting” – RSG;
  • Beste nuus- of aktualiteitsprogram: Melissa Tighy – Spektrum: “Landwye betogings teen Zuma” – RSG;
  • Beste dokumentêre program of programreeks: Jamaine Krige – Knysna: Na die brande – RSG;
  • Beste insetsel in ’n opvoedkundige program: Marianne Breytenbach – Net medies: “Aannemings” – Pretoria FM;
  • Beste teks vir ’n radiodrama of -teater: Marion Erskine – Akwarius – RSG;
  • Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater: Bettie Kemp – Akwarius – RSG; en
  • Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie: Su-an Müller-Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5.

KYK:

Verhalende dramas:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Louis Pretorius – Die Boekklub – kykNET –

beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama;

  • Jaco Bouwer – Waterfront – kykNET –

beste dramareeks of enkeldrama;

  • Bobby Heaney – Erfsondes – SABC 2 –

beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama;

  • De Klerk Oelofse – Die Boekklub – kykNET –

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama; en

  • Antoinette Louw – Swartwater – SABC 2.

Aktuele genres:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Johnny Davids – Kwêla: “Kurt Minnaar & Hillary Geslin” – kykNET – beste insetsel in ’n joernaalprogram;
  • Bertus Louw – 50/50: “Finland bere” – SABC 2

Beste joernaalprogram

  • Paul Venter – Kwêla – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Waldimar Pelser – KN “Verslag in gesprek”– kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Byron Taylor – Fokus: “Die groot gryp”– SABC 2

Beste nuusinsetsel

  • Jacques Broodryk – KN Verslag: “Zimbabwegrens” – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Megaboere: Graham Rae – kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Carien Loubser – Jan – Via

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrot – Amira – kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams – Jou show – kykNET.

LEES

Beste in-diepte-artikel

  • Leti Kleyn – “Die Tankwa-Karoo kan ’n kind heel opvréét” – Die Burger – beste indiepte-artikel;
  • Jacques Myburgh – “Woordsmid met ’n ruim hart” – Huisgenoot – beste ondersoekende joernalistiek;
  • Gerard Scholtz – “In die nabyheid van bome” – DeKat – beste persoonlikheidsprofiel;
  • Elmari Rautenbach – “J.M. Coetzee as jeugdige fotograaf” – Die Burger – beste kunste-resensie;
  • Murray La Vita – “Viriel en peperduur: Ontmoet Karoo se goue ram” – By: Die Burger & Netwerk24 – beste leefstylstorie;
  • Marita van der Vyver – “Julle wat teister: Dis tyd om te luister” – Rapport Weekliks – beste essay, rubriek of opiniestuk;
  • Suzette Truter – “Kind van die wind” – By: Die Burger - beste sportartikel
  • Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant, DistriksPos/District Mail – Redakteur: Tasmin Cupido
Meer oor:  Atkv  |  Murray La Vita  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.