Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Netwerk24 toets FaceApp op SA bekendes

Wie sou ooit kon dink dat ’n selfoon kan voorspel hoe iemand sal lyk as hulle oud word?

’n Gewilde app vir slimfone kan dit nou doen. Gebruikers laai net ’n foto van hulself daarop en die app genereer ’n beeld van hoe die persoon se gesig oor dekades gaan lyk.

Netwerk24 het vroeër berig FaceApp gebruik kunsmatige intelligensie om ’n persoon se gelaatstrekke te verouder, kompleet met plooie, kringe onder die oë en grys hare.

Lees meer: FaceApp: Rede tot kommer of ’n bohaai oor niks?

Om te toets hoe goed die app werk het die BBC dit gebruik om bekendes soos Arnold Schwarzenegger, Dolly Parton en sir David Attenborough se gesigte te verouder om te sien of die app akkuraat kan voorspel.

Netwerk24 het toe besluit om ou foto’s van Suid-Afrikaanse bekendes op te laai om te kyk hoe die app met die werklikheid vergelyk.

Anneline Kriel, wat as Mej. Wêreld 1974 aangewys is, Brümilda van Rensburg, ’n bekende aktrise en sepiester, Margaret Gardiner, aangewys as Mej. Heelal 1978, Riaan Cruywagen, bekende nuusleser met jare se ervaring in die TV en uitsaaibedryf, en Steve Hofmeyr, bekende Afrikaanse sanger se gesigte is met die app verouder, en die resultate is verbasend.

Wat dink jy? Is die kunsmatige veroudering in die kol?

Foto’s saamgestel deur: Jaco Grobbelaar
Meer oor:  Faceapp  |  Steve Hofmeyr  |  Margaret Gardiner  |  Riaan Cruywagen  |  Anneline Kriel  |  Veroudering  |  Ikt  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.