Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Netwerk24 word 4 j. oud met meer as 40 000 intekenare

Netwerk24 het pas vier jaar oud geword en spog nou ook met meer as 40 000 digitale intekenare.

Die nuusdiens het einde Augustus afgesluit met 41 500 digitale intekenare. Volweek-intekenare van Die Burger, Beeld en Volksblad kry saam met hul intekening toegang tot Netwerk24 en van hierdie mense het 14 000 hul toegang geaktiveer.

“Dit beteken ons het altesaam nou 55 800 aktiewe premium intekenings,” sê Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.

“Ons digitale intekenare het verlede Augustus op 22 427 gestaan. Dit bring ons groei jaar-op-jaar op 85% te staan.”

Die jongste uitgawe van Huisgenoot is een van elf van die land se gewildste tydskriftitels wat op Netwerk24 beskikbaar is.

Netwerk24 se landwye span joernaliste hou gebruikers van 5:00 soggens tot 23:00 saans op die hoogte van brekende nuus, sport, sakenuus, die kunste en vermaak en menings en ontledings. “As daar groot nuus is, soos met die politieke oorgang, doen ons sommer regdeur die nag verslag,” vertel Loubser. Groot nuusgebeure word dikwels met regstreekse blogs en selfs regstreekse video-uitsendings gedek. “Video speel ’n al hoe belangriker rol in ons nuusaanbod.

“Ons het ook onlangs ’n afdeling spesiaal vir studente bekend gestel waar jongmense hul menings oor aktuele sake van die dag gee.” Die Student is voor die betaalmuur beskikbaar – jy hoef dus nie ’n intekenaar te wees om dit te kan lees nie.

Netwerk24 skep die nuusinhoud wat elke dag in Die Burger, Beeld en Volksblad verskyn. Sondae is Rapport se inhoud in webformaat op Netwerk24 beskikbaar. Al hierdie koerante kan boonop as e-publikasies (wat nes die papierkoerant lyk) op Netwerk24 gelees word.

Die intekengeld van R99 per maand sluit ook toegang tot 11 van die land se gewildste tydskrifte, asook verskeie gemeenskapskoerante in. Huisgenoot, SARIE, Kuier, Tuis, Landbouweekblad, Weg!, Weg! Ry&Sleep, Baba & Kleuter en Finweek se inhoud wat in elke week of maand se papiertydskrif verskyn, kan in webformaat op Netwerk24 gelees word, of jy kan hierdie tydskrifte, asook TVPlus en SA Jagter as e-publikasies op Netwerk24 lees. Van die tydskrifte skep ook elke dag inhoud spesiaal vir die web.

“Dit bly ’n onverbeterlike waarde-aanbod,” sê Ernie Roworth, hoofbestuurder van Netwerk24. “Aan die intekenaargroei is dit duidelik dat dit groot byval onder ons mark vind."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.