Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NG Kerk gaan verder in hof baklei
Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk. Foto: Nelius Rademan

Die NG Kerk gaan die hofaansoek teenstaan wat deur 11 lidmate by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is om die kerk se besluite oor gay-verbintenisse onwettig te verklaar en tersyde te stel.

Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator, het by navraag bevestig die kerk het besluit om die aansoek teen te staan.

“Ons is besig om verder met ons prokureur oor die aangeleentheid te praat. Wat ons betref, is die saak nou sub judice en sal ons dus nie verder oor die inhoud daarvan kommentaar lewer nie,” het Janse van Rensburg Maandag gesê.

Die 11 lidmate, wat bekende teoloë en gay lidmate insluit en deur Laurie Gaum, Judith Kotzé, Michelle Boonzaaier en dr. Frits Gaum verteenwoordig word, voer aan die besluit oor selfdegeslag-verhoudings wat tussen 7 en 10 November 2016 op ’n buitengewone algemene sinode geneem is, moet as onwettig en ongeldig verklaar word. Hulle eis dat dié 2016-besluit hersien, reggestel en tersyde gestel moet word.

Die buitengewone algemene sinode het besluite van die 2015- algemene sinode, wat gayverhoudings aanvaar het, omgekeer.

Verder word aangevoer die besluit wat deur ’n appèlliggaam van die NG Kerk geneem is om appèlle te aanvaar teen die besluit wat op 30 Oktober 2015 deur die algemene sinode van die NG Kerk oor selfdegeslag-verhoudings geneem is, moet as onwettig en ongeldig verklaar word, en dié besluit deur die appèlliggaam hersien, reggestel en tersyde gestel moet word.

Meer oor:  Laurie Gaum  |  Nelis Janse Van Rensburg  |  Baklei  |  Gays  |  Ng Kerk  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.