Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NG kerk hou erediens, bring-en-braai vir gays

Alle gay mense, hul families en alle gelowiges wat hulle goedgesind is, word Sondag na die NG kerk Uitsig in Bloemfontein na ’n gay-erediens uitgenooi.

Dít is die eerste diens van sy soort by die kerk en sal voortaan gereeld plaasvind. ’n Bring-en-braai-geleentheid sal ook ná die diens volg.

Ds. Hein Kotzé Foto: Conrad Bornman
Die logo vir die gay-erediens wat Sondag in die NG kerk Uitsig in Bloemfontein gehou word. Foto: Andreas Viljoen

Ds. Corneil Oberholzer, self gay en ’n predikant by die kerk, sê met die diens skep hulle ’n ruimte vir gay mense en hul families.

“Hulle hoef nie meer te voel hulle word deur die kerk verwerp nie. Daar is ’n veilige hawe by die NG kerk Uitsig.”

Hy sê hulle het lank oor die diens besin en het uiteindelik saam met ds. Hein Kotzé, leraar van die kerk, dr. Brand Doubell, ’n gay predikant, en gemeentelede besluit dat die tyd vir so ’n soort diens aangebreek het.

“Dit is die regte besluit op die regte tyd.”

Volgens Oberholzer wil hulle glad nie ander denominasies of gemeentes se mense afrokkel nie, maar net ’n veilige ruimte skep vir almal om saam te aanbid.

“Ons bedien, dit is waarvoor ons hier is.”

Kotzé sê met die diens wil hulle die boodskap uitstuur dat almal by Uitsig welkom is en ’n plek vir aanbidding het. Die hele gemeente voel so.

“Almal is meer as welkom om die diens Sondag om 18:00 by te woon.”

Meer oor:  Ng Kerk Uitsig  |  Gays  |  Erediens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.