Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NG Kerk hou landswyd dag van gebed

Kerkklokke sal Woensdag klokslag om 12:00 oor die hele Suid-Afrika as simbool van verootmoediging te midde van die Kaapse waterkrisis beier.

Gebedsbyeenkomste sal landwyd, en selfs by die Suid-Afrikaanse gemeente in Londen, gehou word op versoek van die NG Kerk se sinode in die Wes-Kaapland. Woensdag is Aswoensdag, die begin van Lydenstyd.

Gemeentes van die NG Kerk sal Woensdag hul kerkklokke laat beier wanneer ’n gebedsdag te midde van die waterkrisis gehou word.

Volgens ’n verklaring van dié sinode is die beplande “Dag van Verootmoediging” – en voortgaande fokus op gemeentelede se diepe afhanklikheid van God vir die duur van Lydenstyd – deel van die Kerk (tesame met ander kerklike en ekumeniese vennote) se poging om sinvol en gelowig op die waterkrisis te reageer.

Die dag is ’n geleentheid waar die NG Kerk graag wil uitreik na hulle wat die swaarste deur hierdie uitdagings getref word. Hulle wil in geloof hande vat en deur hul netwerke ’n vangnet vir almal bied wat deur die waterkrisis geraak word.

“Daar is nie enkelvoudige antwoorde nie,” lui die Kerk se verklaring.

Verskeie aspekte word as riglyne vir die biddag ingesluit:

  • “Ons is oortuig daarvan dat ons kan en moet bid vir reën as uitkoms op kort termyn;
  • “Ons sal ons egter ook voor God moet verootmoedig. God het dikwels in die verlede juis die klimaat gebruik om met sy kinders op ’n geloofsreis te gaan. Vandag is dit nie anders nie.
  • “Ons sal moet bid vir beter bestuur, beplanning en innovering en onsself ook daartoe verbind. Dit geld vir die owerhede, landbou, sakeondernemings, kerke, skole en huishoudings.
  • “Ons sal ons moet verbind tot ’n veel meer sensitiewe verhouding met die natuur.”

Nioma Venter, ’n predikant in die sinode se diens vir Diaconia (omgeediens), sê: “Ons kan nooit weer onverskillig met ons bronne en die natuur kan omgaan nie.”

Luidens die verklaring kan “gemeenskappe waar daar pastorale sorg benodig word, met gerustheid by ons predikante om hulp aanklop”.

Die Kerk herinner ook sy lede aan die ramphulpfonds.

Gemeentes kan deur die diensgroep Diaconia aansoek doen om ramphulp.

“Hoewel dit finansiële hulp is, behoort die benadering steeds pastoraal te wees.”

  • Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die van die NG Kerk se moderamen, praat Sondagoggend op RSG se Sondagjoernaal om 07:15 oor Aswoensdag se gebeds- en verootmoedigingsgeleenthede.

Meer inligting hier.

Meer oor:  Ng Kerk  |  Nelis Janse Van Rensburg  |  Waterkrisis  |  Godsdiens  |  Droogte  |  Biddag  |  Dag Zero
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.