Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NG Kerk in Vrystaat hou nie vanjaar buitengewone sinodesitting

Die NG Kerk in die Vrystaat het besluit om nie vanjaar ’n buitegewone sinodesitting te hou nie.

Die besluit volg ná die moderamen se vergadering wat Woensdag in Bloemfontein gehou is. Hulle moes bepaal of daar ’n buitegewone sinodesitting sal plaasvind om die beleid oor selfdegeslagverhoudings in die kerk toe te laat.

Daar is reeds drie gemeentes in die Vrystaat wat hulself as “dolerend” (treurend) verklaar het oor die algemene sinode se standpunt om ruimte vir selfdegeslagverhoudings in die kerk te maak.

Dr. Pieter van Jaarsveld, moderator van die NG Kerk in die Vrystaat. Foto:

Luidens ’n verklaring het die moderamen ná ’n stemming van 14 teen sewe stemme besluit om nie ’n buitengewone sinodesitting te hou nie.

Daar is ook besluit dat daar afsprake gereël sal word met die betrokke gemeentes en ringe wat skriftelik en amptelik aansoek gedoen het dat ’n buitengewone sinodesitting gehou word.

Die doel van die besoeke is om deeglik na dié gemeentes se besware en hartseer oor die besluit van die algemene sinode van 2019 te luister en dit met hulle te bespreek.

Die sinode nooi alle gemeentes en ringe uit om afsprake met die interimkomitee te reël indien hulle in gesprek wil tree oor die 2019-besluite.

Gemeentes en ringe word ook ingelig dat daar in 2021 ’n gewone Vrystaatse sinodesitting gehou sal word, wat ’n dag langer sal duur om te verseker dat al die beskrywingspunte bespreek sal word.

Die moderamen het ook ’n taakspan aangewys om die beskrywingspunte deur te werk met die oog op dié sitting.

Die taakspan bestaan uit drs. Bertus Cilliers en Pieter van Jaarsveld en ds. Riaan van Zyl.

Die interimkomitee sal die situasie in die Vrystaatse sinode monitor en aan die moderamen terugvoer gee.

Netwerk24 het hierdie inligting onafhanklik bekom.

Dr. Pieter van Jaarsveld, moderator van die NG Kerk in die Vrystaat, het tot dusver geweier om kommentaar oor die saak te lewer.

Meer oor:  Ng Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.