Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NGK gaan dominee nie oor ‘dwaalleer’ verhoor

Ds. Riaan de Villiers, leraar van die Groote Kerk in Kaapstad, gaan nie weens klagtes van dwaalleer verhoor word nie.

Hy het Maandag op Facebook aangekondig dat die NG Kerk se ringstugliggaam in Stellenbosch besluit het om hom nie dissiplinêr te verhoor nie.

Ds. Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad. Die ringstugliggaam van die ring in Stellenbosch het bevind dat dit nie nodig is om hom weens dwaalleer te verhoor nie omdat geen bewyse daarvan gevind is nie.Foto: Argief

“Die ringstugliggaam het beslis dat geen gronde gevind is vir die bewerings van tugwaardige belydenisstandpunte nie, en dat ’n verhoor dus nie nodig is nie,” lui sy plasing op Facebook.

Die naam van die klaer, ’n NG dominee, word nie bekend gemaak nie, maar daar word aangedui dat die ring sy besluit in ’n dokument van 18 bladsye verduidelik.

De Villiers, wat sedert 2014 ’n predikant van die Groote Kerk is, is in Mei vanjaar van dwaalleer beskuldig.

Dit was nadat De Villiers deel was van ’n groep wat saam vir die slagoffers van die terreuraanvalle in Maart vanjaar in Nieu-Seeland gebid het.

Daar was ontsteltenis oor die Groote Kerk se ondersteuning van die geleentheid omdat De Villiers na Moslems verwys het as “broers en susters”, en gesê het dat Jesus ook oor die dood van Moslems sou huil.

“Ek is dankbaar vir die wyse waarop die ringstugliggaam van die ring van Stellenbosch geoordeel het,” skryf De Villiers op Facebook.

“Dankie vir al die gebede en boodskappe van bemoediging en ondersteuning wat ek van oraloor ontvang het. Ons gaan voort om Jesus se opdrag en voorbeeld van versoening na te streef.”

Volgens De Villiers was ds. Monty Sahd van die Welgelegen-gemeente in Stellenbosch die voorsitter van die ringstugliggaam.

Sahd, sedert Februarie 1993 deel van die Welgelegen-gemeente, kon nie Maandagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Ng Kerk  |  Ds. Riaan De Villiers  |  Kaapstad  |  Klagtes  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.