Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nie brand of diewe kry Tolhuis-organisasie onder nie

Die geskiedkundige tolhuis in die Montagu-pas buite George het gedurende die inperking erg onder diewe deurgeloop wat onder meer bougereedskap en ’n kragopwekker gesteel het.

Die organisasie Vriende van die Tolhuis, wat na die gebou omsien, sê egter dit sal hulle nie onderkry nie.

Die tolhuis en al die kosbare oudhede daarbinne is in Oktober 2018 in ’n veldbrand verwoes.

Volgens Gerda Stols, voorsitter van die organisasie, het hule ná die brand dadelik aansoek gedoen om met restourasiewerk te begin. ’n Jaar later was al die toestemmings afgehandel en is die dak opgesit.

Die waenhuis en perde by die tolhuis in die Montagu-pas.
Die tolhuis in die Montagu-pas.
’n Afbeeling van die tolhuis toe dit nog deur die tolgaarder en sy gesin gebruik is.

Joost Pycke, ’n klipwerker wat met die eerste restourasie gehelp het, het drie maande op die terrein gewoon om die beskadigde mure, vensters en deuropeninge te herstel.

“Die tolhuis is uiteindelik net voor die inperking met ’n pragtige musiekkonsert ingewy,” sê Stols.

Die waenhuis is voltooi en op Erfenisdag is die transportwa wat van die Voortrekkermonument af kom by sy nuwe tuiste vertoon.

“ ’n Hele nuwe era ontstaan nou met die geskiedenis van waens en rytuie wat daar vertoon gaan word. Om die prentjie af te rond word ’n jukskeibaan beplan en ’n ossewa-herberg sodat besoekers daar kan oornag.

“Vir gesiggestremdes is ’n model van die tolhuis deur Pycke geskenk en die geskiedenis is in braille aangebring. “Uitstallings in die tolhuis wissel elke maand om sekere gebeurtenisse in die geskiedenis uit te beeld. Oktober is Bybelmaand en verskeie Bybels en ou tikmasjiene word tans uitgestal.”

Rig navrae aan 083 772 8252 of besoek die tolhuis se Facebookblad. Die tolhuis is in 1847 gebou.

Meer oor:  Montagu-Pas  |  George  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.