Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nie ‘gewone ongeluk’ waarin Watson dood is – kenner

Uit beskikbare videomateriaal van die toneel waar Gavin Watson, grootbaas van die eertydse Bosasa, verongeluk het, lyk dit nie na ’n “standaard-ongeluk” nie.

Die wit voertuig waarin Watson verongeluk het. Fot
Die wit voertuig waarin Watson verongeluk het.

So sê Konrad Lotter, ’n forensiese ingenieur wat spesialiseer in die ondersoek van padongelukke.

Watson het Maandag in ’n maatskappymotor, ’n Toyota Corolla, teen ’n betonpilaar van ’n brug oor die hoofweg by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park vasgery.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die voertuig se neus is aan een kant weggeskeur en die res van die voorkant verfrommel.

Volgens Lotter is dit moeilik om te bepaal wat die oorsaak van die ongeluk was, omdat hy nie merke op die pad kon sien nie.

“Weens die omvang van die skade lyk dit nie asof hy spoed verminder het nie. As daar gekyk word na die kurwe van die draai voordat hy gebots het, wil dit voorkom of die motor reguit na die pilaar gery het,” sê Lotter.

Hy was huiwerig om te skat teen watter spoed Watson gery het.

Op sosiale media is daar wyd bespiegel dat daar moontlik met Watson se motor gepeuter is, wat tot die ongeluk kon lei, maar volgens Lotter is dit hoogs onwaarskynlik.

“Al is daar met die kar gepeuter sodat die bestuurder nie die spoed kon beheer nie, kon hy steeds die rigting beheer waarin die motor op pad was,” sê hy.

Bosasa staan deesdae bekend as African Global Operations (AGO).

Die onderneming word deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek oor beweringe dat hy omkoopgeld aan staatsamptenare in ruil vir regeringskontrakte betaal het.

Meer oor:  Gavin Watson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.