Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Niemand verdien om onveilig te voel - Lesufi
Tshepo Mokoena (links) Mada se voorsitter en stigter, saam met Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, aan die voorpunt van die pretloop. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Niemand in die land verdien om onveilig te voel weens hul geslag nie.

So sê Panyaza Lesufi, die waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Hy het Saterdagoggend by die Dieretuinmeer in Johannesburg aan ’n pretloop teen geslagsgeweld deelgeneem.

“Ons moet saamstaan teen die onderdrukking van mense net omdat hulle van ’n sekere geslag is. ’n Geleentheid soos vandag is ’n stap in die regte rigting,” sê Lesufi.

Die geleentheid was deel van Suid-Afrika se 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld en is in samewerking met die Moving Ahead Development Agency (Mada) en In2IT technologies aangebied.

Vir Tshepo Mokoena, Mada se voorsitter en stigter, het die dag ook persoonlike betekenis gehad. Sy broerskind, Karabo Mokoena, is in 2017 deur haar gewese kêrel vermoor.

“Dit is belangrik dat mans verantwoordelikheid aanvaar. Mans het dikwels nie die geleentheid om te sê wat hulle pla nie en dié stilte sit om in geweld. Oortreders moet aanspreeklikheid aanvaar en mans moet hul harte uitpraat sodat die geweld kan stop,” sê Mokoena.

Mada het saam met In2IT ’n program begin om jong mans se vaardighede in die tegnologiebedryf te ontwikkel.

Karabo se ma, Lorraine Mokoena, het ook aan die pretloop deelgeneem. Sy sê elke keer dat voorvalle van geslagsgeweld in die media opduik, roep dit weer herinneringe van haar dogter op. “Maar deur die genade van die Here is ek besig om te genees,” sê Lorraine.

Saurabh Kumar, uitvoerende hoof van In2IT, sê die stryd teen geslagsgeweld moet 365 dae van die jaar voortduur. Hy meen ’n geleentheid soos die pretloop moedig positiewe gedrag aan deur bewustheid te skep en mense op te voed.

Tshego, Mamodise en klein Kgosi Maponyane het saam met die vermoorde Karabo Mokoena se ma, Lorraine, aan die pretloop deelgeneem. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Tshepo Mokoena, Mada se voorsitter en stigter, saam met Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling.Foto: Arisa Janse van Rensburg
Van links is Matsebe Lucas Lekalakala, Lutendo Munyai en Masego en Danny Sekwele. Hulle het ook aan Saterdag se pretloop deelgeneem vir ’n doel wat hulle na aan die hart lê. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Lede van die Moroka Swallows-sokkerklub het ook aan die pretloop deelgeneem. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Die vermoorde Karabo Mokoena, se ma, Lorraine (met die wit kopdoek), neem aan die pretloop deel. Foto: Arisa Janse van Rensburg
Tshepo Mokoena, Mada se voorsitter en stigter, saam met Panyaza Lesufi, waarnemende Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.