Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Niks ongewoons' aan onlangse aardskuddings
Die Kaapstadse middestad.Foto: Liza van Deventer

Die seismiese aktiwiteit wat onlangs in die Wes-Kaap, Gauteng en Vrystaat aangemeld is, dui nie noodwendig op ’n toename in dié soort aktiwiteite nie.

So sê David Khoza, uitvoerende bestuurder vir toegepaste geowetenskap by die Raad van Geowetenskappe.

“Daar is geen waarneembare tekens om tot die gevolgtrekking te kom dat ’n toename in seismiese aktiwiteit tans in Suid-Afrika heers nie,” sê Khoza.

Hy sê meer seismiese aktiwiteit word wel nou aangemeld omdat wetenskaplikes meer seismiese opname-stasies tot hul beskikking het.

Volgens Khoza is daar sedert Januarie reeds 2 906 seismiese aktiwiteite by 34 stasies in die noorde van die land aangemeld.

“1 935 gevalle word toegeskryf aan ontploffings in myne,” sê Khoza.

Hy sê daar is niks vreemds aan die hoeveelheid seismiese aktiwiteit wat aangemeld word nie.

Hy sê daar is niks vreemds aan die hoeveelheid seismiese aktiwiteit wat aangemeld word nie. Volgens Khoza is daar ook niks vreemds aan ’n toename of afname in seismiese aktiwiteit oor die wêreld heen nie.

“ ’n Tydelike toename of afname in seismiese aktiwiteit is deel van die normale fluktuasie van aardbewings,” sê Khoza.

Verskeie trillings, aardskuddings en ’n aardbewing is in minder as twee weke in Suid-Afrika en aan die Suid-Afrikaanse kus aangemeld.

Khoza verduidelik die verskil tussen aardbewings, aardskuddings en trillings word bepaal deur die sterkte van die seismografiese aktiwiteit, asook die impak daarvan.

Twee trillings is op 27 September in die moederstad aangemeld.

“Trillings en aardskuddings is oor die algemeen nie ’n bron van kommer nie. Aardbewings aan die anderkant kan groot skade meebring,” sê hy.

Saterdagmiddag is ’n aardskudding tussen Koffiefontein en Luckhoff in die Vrystaat gevoel. Dié aardskudding het 3,3 op die Suid-Afrikaanse Seismografiese Netwerk gemeet.

Na verneem word, is die skudding tot in Jacobsdal en Ritchie gevoel. Donderdagmiddag is ’n aardskudding van 2,8 aan die Wes-Rand van Johannesburg gevoel. Die episentrum van die aardbewing was sowat 5 km suidoos van Randfontein.

Op Saterdag 26 September is ’n aardbewing van 6,2 aan die Suid-Afrikaanse kus aangemeld. Die aardbewing was byna 1 600 km van Kaapstad af en 10 km diep.

Slegs enkele ure later is ’n aardskudding van 2,5 in groot dele van die Kaapstad-metro gevoel. Die episentrum van die skudding was noord van Durbanville.

Twee trillings is op 27 September in die moederstad aangemeld.

Khoza sê dit is moeilik om te bepaal of Suid-Afrika in die nabye toekoms ’n toename in seismiese aktiwiteit sal sien. “Dit is onmoontlik om seismiese aktiwiteit te voorspel,” sê hy.

Meer oor:  Vrystaat  |  Wes-Kaap  |  Gauteng  |  Aardskudding  |  Aarde  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.