Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Bekende sanger het my verkrag...'

Die Suid-Afrikaanse rymkletser Watkin Tudor Jones, ook bekend as Ninja van die groep Die Antwoord, sê aantygings deur ’n Australiese rymkletser dat hy haar in 2013 tydens haar besoek aan Suid-Afrika seksueel aangerand het, is vals en ongegrond.

Zheani Sparkes Foto: Facebook

Luidens ’n berig in The Sydney Morning Herald het Zheani Sparkes ’n klag by die polisie in Queensland, Australië, teen hom ingedien.

Volgens haar het Jones se sangmaat ¥o-Landi Vi$$er (oftewel Anri du Toit) haar in 2013 op Instagram gekontak. Daarna het Jones haar begin bel.

Sy oproepe het later meer gereeld en “persoonlik” geraak. Toe sy hom in Suid-Afrika kom besoek, het die beweerde verkragting plaasgevind. Jones ontken die bewerings ten sterkste.

Sparkes beweer ook sy is ’n slagoffer van sogenaamde “wraakpornografie” – die verspreiding van seksueel-eksplisiete beelde of video’s sonder iemand se toestemming – en dat Jones haar seksueel aangerand het.

Sy is nie alleen in haar aansprake nie.

‘Ek hoop die media kan nou aanbeweeg'

Die Italiaans-Amerikaanse sanger Jade Carroll het aan dieselfde koerant vertel sy is ook deur Jones seksueel aangerand. Sy was ’n genooide gas by Die Antwoord se optrede in Padova in Italië.

Sy beweer Jones het haar aan haar borste gegryp en sy hand by haar onderklere, onder meer haar broekie, ingedruk.

Ben Savage, ’n voormalige bestuurder van Die Antwoord, het ook al gekla oor die groep se gedrag, veral Jones se “leuens”.

Benjay Crossman, ’n voormalige videograaf van Die Antwoord, het vertel hoe Jones op ’n dag ’n ander groep se hoofsanger aan die keel gegryp en teen die muur gedruk het.

Die Antwoord is tans op ’n konserttoer in Amerika. Twee van hul konserte, in Louisville en Las Vegas, is intussen gekanselleer.

¥o-Landi Vi$$er en Ninja as Die Antwoord.

’n Video wat Crossman in 2012 in Australië opgeneem het, wys hoe Jones vir Andy Butler van die groep Hercules and Love Affair aanrand.

Du Toit maak op dieselfde video glo homofobiese aanmerkings. The Citizen berig ’n mens kan in die video ook hoor hoe Jones vir Du Toit beveel om vir mense te vertel dat Butler haar seksueel aangerand het.

Jones het Crossman toe daarvan beskuldig dat hy die video geredigeer het om Die Antwoord “sleg te laat lyk”.

Jones sê in mediaberigte dié bewerings deur Sparkes, Carroll en Cross­man is alles “vals, wild en ongegrond”.

Een van sy agente, Michael Kempen, het Vrydag aan Rapport kommentaar verskaf en gesê hy hoop dié volle kommentaar van Jones word presies só aangehaal:

“Dit is regtig hartseer, indien nie ontstellend nie, dat die media aanhou om hierdie belaglike en ongegronde bewerings op te haal. Ek sal dit weer sê en so duidelik as ek kan – hierdie aannames deur Zheani Sparkes, Jade Carroll, Jay Savage en Benjay Cross­man is vals en ongegrond.

“Ek hoop dat die media nou kan wegbeweeg van die agendas van mense wat ’n duidelike vyandigheid teen my het en die regte nuus berig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.