Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NMB ‘gereed’ vir staat van inperking

Die Nelson Mandelabaai-metro se rampbestuurforum, wat verlede week opgerig is om die dodelike Covid-19 hok te slaan, sê hy is gereed vir hierdie uiters uitdagende taak.

Tshonono Buyeye, waarnemende burgemeester van die metro, sê met dié dat pres. Cyril Ramaphosa ’n staat van inperking afgekondig het, sal hulle in ’n beter posisie wees om hul taak aan te pak.

Buyeye en sy span het reeds vergader om seker te maak hul planne is in plek sodat noodsaaklike dienste steeds aan inwoners gelewer kan word.

“Dit is in moeilike tye wat die ware karakter van sterk mans en vroue beproef word. Ek is seker ons is gereed vir die uitdaging wat voorlê, en om ons gemeenskappe te beveilig.”

Wat kragvoorsiening betref, gaan die metro alle meters waar die diens opgeskort is, weer in werking stel sodat paniekbevange inwoners nie in lang toue hoef te kom staan om hul krag weer aangeskakel te kry nie.

Dié drastiese stappe wat gedoen word, wys dat die regering ernstig daaroor is om bejaardes, wat swakker immuunstelsels het, te beskerm.

Sodra die staat van inperking tot ’n einde kom, gaan die krag van diegene wie se rekening nie op datum is nie, egter weer afgesny word.

“Dié drastiese stappe wat gedoen word, wys dat die regering ernstig daaroor is om bejaardes, wat swakker immuunstelsels het, te beskerm.”

Volgens Buyeye identifiseer sy span tans geriewe waar mense in kwarantyn geplaas kan word, asook waar haweloses geakkommodeer kan word.

Volgens die metro geniet die veiligheid van sy werknemers wat moet werk om noodsaaklike dienste te lewer, sy eerste prioriteit.

Daar word beskermende kleredrag en voorraad bekom vir noodpersoneel en ander werknemers sodat hulle hul werk kan voortsit sonder om hul gesondheid in gevaar te stel.

Totdat die nasionale regering anders besin, word die volgende dienste in die metro as noodsaaklik beskou: water, elektrisiteit, sanitasie, verkeersdienste, metropolisie, brandweer en mediese nooddienste, vullisverwydering, rampbestuur en die dienste van laboratoriums.

Enigeen wat op hoogte wil bly oor die stand van sake in die metro tydens die staat van inperking, kan die webtuiste http://www.nelsonmandelabay. gov.za/page/disaster- management-advisory-forum-covid-19besoek.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.