Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nodige reën nie in alle streke van W-Kaap voorspel

Die Wes-Kaapse regering het Maandag gewaarsku dat vroeë weervoorspellings vir die komende seisoen aandui dat nie alle streke die nodige reënval gaan kry nie.

Die Voëlvleidam se vlak het die afgelope week van 82,6% tot 81,4% gedaal. Dié dam tussen Gouda en Wellington is een van die ses groot damme wat water aan Kaapstad voorsien. Foto: Samuel Walters

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, sê in ’n verklaring mense word oor die provinsie heen gemaan om water te bespaar, veral in die vakansietyd wanneer watergebruik gewoonlik toeneem.

Volgens Bredell dui vroeë voorspellings aan “in die komende seisoen gaan die nodige reën nie in alle streke uitsak nie”.

“Daar is gebiede waar water minder van ’n bron van kommer is, soos in die Kaapstadse metrogebied waar die damvlakke op ’n gemiddeld van 76,8% staan. Dit beteken egter nie dat ons water kan mors nie. Die beste tyd om water te bespaar, is terwyl jy dit nog het.”

Bredell het ook daarop gewys dat sommige dele van die Wes-Kaap slegter af is as verlede jaar wat water betref, met die Gouritsrivier-opvangsgebied, wat aan groot dele van die Karoo water verskaf, se gemiddelde damvlak wat slegs op 15,6% staan. Die gebied maak egter grootliks op grondwater staat om damwater aan te vul.

Verder het Bredell ’n beroep op Wes-Kapenaars gedoen om hul kragverbruik te verminder.

“Die provinsiale regering is deurentyd in kontak met Eskom en verstaan dat geen beurtkrag in die Kerstyd verwag word nie, maar die kragnetwerk bly steeds onder druk. As ons almal ons verbruik verminder, help ons Eskom om beurtkrag te verhoed.”

Teen Maandag het die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak oor die afgelope week van 59,9% tot 58,5% gedaal, teenoor 57,1% dié tyd verlede jaar.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het van 77,8% tot 76,8% gedaal, terwyl dit verlede jaar in dieselfde tydperk net op 66,1% gestaan het.

Die Kaapstad-metroraad het Maandag ook bevestig dat die stad se gesamentlike watergebruik vir die voorafgaande week van ’n gemiddeld van 752 miljoen liter (megaliter) per dag tot 701 megaliter per dag gedaal het. Onder vlak 1-waterbeperkings is die mikpunt vir gebruik minder as 650 megaliter per dag.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 69% tot 67,9% afgeneem, teenoor 50,3% dié tyd verlede jaar.

Die vlak van die Voëlvleidam het ook van 82,6% tot 81,4% gedaal en die Bergrivierdam se vlak van 94% tot 93,1%.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 71,9% tot 68% afgeneem, terwyl dit verlede jaar nog 76,1% was.

grafika

Meer oor:  Anton Bredell  |  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.