Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Noem hom nou doktor,' sê Malema

Julius Malema, EFF-leier, het met trots op Twitter aangekondig dat Mbuyiseni Ndlozi, dié party se woordvoerder, nou as doktor aangespreek moet word nadat hy sy doktorsgraad verwerf het.

“Dames en here, vegters en mede-Suid-Afrikaners, ek is trots om ons woordvoerder nou as dr. Ndlozi aan julle voor te stel.”

News24 berig dat Ndlozi se ma gehuil het toe hy Vrydag die brief van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ontvang het waarin bevestig is dat hy sy PhD in politieke studie verwerf het.

Ndlozi (32) is die eerste lid van sy familie wat ’n universiteitsgraad verwerf het.

“Nadat ek die nuus ontvang het, het ek my ma eerste gebel. Sy kon nie eens twee sinne sê nie en het net gehuil,” het hy aan News24 gesê.

“Dit voel steeds onwerklik, ek is geweldig trots. Ek is beskeie en dankbaar oor al die ondersteuning wat ek van my broers en susters en my ouma ontvang het. Almal het my geweldig onderskraag. My akademiese vriende het my gehelp om deur te druk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.