Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Nog 5 tot 6 weke se winter lê vir noorde voor’

Die winter in die noorde van Suid-Afrika is allermins verby en gaan nog vir ’n tydjie met ons wees.

“Vir die volgende vyf tot ses weke gaan dit nog goed winter wees. Dit sal hoofsaaklik koel weer met sonskyn wees en dan is dit moontlik dat ons nog een of twee kouefronte kan kry, soos verlede week, maar ten minste nie vir die volgende week nie,” sê Edward Engelbrecht, ’n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD).

Die winter is aalwyne se spogseisoen. Die winterson skyn op ’n aalwyn by die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Vir die volgende sewe dae gaan dit meestal sonnig en koel in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal wees.

’n Kouefront wat Dinsdagmiddag die Wes-Kaap bereik, gaan nie die noordelike provinsies raak nie, maar net die Wes- en Oos-Kaap. Effense koeler maksimum temperature (tussen 18 en 20 °C) word wel vir Vrydag voorspel vir die suidelike dele van KwaZulu-Natal.

Vanaf Woensdag gaan die temperature verder herstel, wat beteken dat die maksimum temperature in die noordoostelike provinsies met tussen 2 en 3 °C warmer gaan wees.

Dit gaan veral warm wees in die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga. Maksimum temperature tussen 18 en 23 °C word in die res van die provinsies in die noorde verwag.

Die minimum temperature gaan ook vanaf Woensdag styg en die gebiede waar vriespunt bereik gaan word, word heelwat kleiner.

“Ons verwag dat die minimum temperature nog net môre (Dinsdag) onder vriespunt gaan wees vir dele van die Hoëveld van Mpumalanga, suidelike dele van Gauteng en die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal,” sê Engelbrecht.

Bye zoem om die aalwyne se blomme by die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Daarna sal die minimum temperature na verwagting in die lae tiene wees (tussen 2 en 5 °C).

‘n By in die winterson by ’n aalwyn se blomme op die terrein van die Voortrekkermonument in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Geen reënval word vandeesweek vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal verwag nie. Vanaf Vrydagmiddag tot Saterdagoggend gaan dit wel bewolk wees oor die oostelike dele van Mpumalanga en Limpopo. Daar is ook Saterdagoggend ’n kans vir motreën oor die oostelike dele van Limpopo.

Die weerdiens het ook ’n waarskuwing vir sterk noordwestelike winde oor die suidelike dele van die Noord-Kaap en dele van die binneland van die Oos- en Wes-Kaap vir Dinsdag uitgereik.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Winter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.