Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg dalk aangekla in haatspraak-saak teen Etzebeth

Nóg mense kan moontlik tot die saak van haatspraak teen die Springbok-slot Eben Etzebeth gevoeg word.

Sover kan nog drie of vier mense dalk saam met Etzebeth aangekla word, sê eerw. Chris Nissen, Wes-Kaapse kommissaris van die Menseregtekommissie (MRK).

Etzebeth was in Augustus in die sop ná ’n beweerde voorval in Langebaan waarin hy en ’n groep mense wat glo saam met hom was, na bewering twee mans aangerand het en glo ook rassistiese aanmerkings teenoor hulle gemaak het.

Etzebeth, wat die voorval ten sterkste ontken, is deel van die Springbok-span wat in die Wêreldbekertoernooi in Japan speel.

Hoewel ’n MRK-regsbeampte voorheen gesê het “die slagoffers beweer dat hy hulle h**n**s en k*****s genoem het” is net die “h-woord” volgens Nissen in die MRK se klag ter sprake.

“Die h-woord behoort dieselfde status in hierdie land te geniet as die k-woord,” meen Nissen. “Dis ’n landwye probleem. Hou op om bruin mense soos stiefkinders te behandel.”

Volgens Nissen kom dié neerhalende woord ook in ander tale voor. Hy voel sterk dat die h-woord in al sy vertalings verbied moet word.

Die klag gaan by die gelykheidshof in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien word, maar ’n advokaat van Johannesburg tree volgens Nissen vir die klaers op.

Meer oor:  Eben Etzebeth  |  Haatspraak  |  Langebaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.