Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog geen klag teen man wat glo by US masturbeer

Die Universiteit Stellenbosch (US) het teen Donderdagmiddag nog nie ’n klag by die polisie ingedien nie nadat ’n man Dinsdag oënskynlik in dié universiteit se biblioteek by ’n tafel gesit en masturbeer het.

Siyabulela Malo, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig geen saak word nog ondersoek nie.

“Daar is nie ’n klag by die Stellenbosch-polisiekantoor ingedien nie. Die polisie het geen rekords van ’n saak van openbare onwelvoeglikheid nie.”

’n Video van ’n man wat oënskynlik by ’n tafel in die US se biblioteek sit en masturbeer, is Dinsdag wyd op sosiale media versprei.

Die US het Woensdag in ’n verklaring gesê die veiligheidswagte het op versoek van die personeellede in die biblioteek die man uit die biblioteek verwyder.

Die US het nog nie op Netwerk24 se navrae oor die voorval gereageer nie, nadat hy Dinsdag ’n kort verklaring uitgereik het.

Toe het die US gesê hy is bewus van die video en dat veiligheidswagte die man op versoek van die biblioteek-personeel uit die biblioteek verwyder het.

Die man het volgens die verklaring vroeër as ’n besoeker ingeteken.

“Die universiteit ondersoek die voorval en die sentrum vir studentevoorligting en -ontwikkeling bied berading aan studente.

“Terwyl ons dringend daaraan werk om al die feite in die saak te bevestig, wil ek verseker dat ons studente se veiligheid ons eerste prioriteit is. Ek wil ook die universiteit se vorige verklarings herhaal, dat ons seksuele wangedrag van enige aard veroordeel en aktief teen geslagsgegronde geweld stry," sê prof. Stan du Plessis, US-bedryfshoof.

In die video kan gesien word dat die man by ’n tafel sit en onder die tafel besig raak, waarna hy uit die biblioteek begelei word.

Die video is intussen amper 14 000 keer op Twitter en 37 000 keer op Facebook gekyk.

Meer oor:  Us  |  Universiteit Stellenbosch  |  Masturbasie  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.