Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog geen teken van vermiste PE-seun (8)

Dit is vandag 11 dae sedert Recolin Witbooi (8) van Gelvandale in Port Elizabeth vermis geraak het.

Recolin Witbooi (8) van Gelvandale is steeds vermis. Foto: Argief

Polisiebeamptes van die Gelvandale-polisiekantoor soek al sedert sy verdwyning op 6 Julie sonder enige sukses na hom.

Intussen is Recolin se ouers, Chriszelda en Clive Witbooi, rasend van bekommernis oor hul seun. Hulle sê hulle klou desperaat vas aan die hoop dat hulle weer met hul seun herenig gaan word.

Recolin en twee maats het na bewering op 6 Julie by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskapslede daarna verwys, visgevang voordat hy verdwyn het.

Luidens Chriszelda het een van Recolin se maats gesê hy het Recolin “op ’n stoep langs die kloof” gelos. Toe hy later terugkeer, was Recolin skoonveld.

’n Soektog deur die polisie en polisieduikers by die dam waar die kinders gespeel het, was onsuksesvol. Die polisie het die gebied ook daarna met snuffelhonde gefynkam.

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om inligting rakende Recolin se verdwyning aan die polisie te verskaf.

Alle leidrade word opgevolg.

Enigeen met inligting oor Recolin kan sers. Luzuko Pehlo by 082 565 0155 of 041 401 3000 bel.

Meer oor:  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Gelvandale  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.