Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog geen teken van vermiste roeier op Vaaldam

’n Jong man wat Vrydagaand op die Vaaldam in sy kano gaan roei het, is steeds vermis.

Jake Manten, Nasionale Seereddingsinstituut-stasiebevelvoerder vir die Vaaldam, sê die soektog duur voort nadat die 19-jarige man omstreeks 19:00 op Dabank naby Oranjeville gaan roei het.

“Die NSRI is om 23:00 in kennis gestel dat hy nie teruggekeer het nie. Ons het ’n uitgebreide soektog op die dam en langs die oewer gedoen, maar daar is nog geen teken van hom nie. Die polisie se duik- en K9-eenheid se soektog duur voort,” het Manten luidens ’n verklaring Sondag gesê.

“Ons dink aan sy familie en vriende in die moeilike tyd.”

Meer oor:  Verdrink  |  Vaaldam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.