Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg koue op pad na die noorde

Met ’n kouefront wat Sondag die suidwestelike dele van die Wes-Kaap bereik, word verwag dat dit in die volgende paar dae wéér kouer sal wees.

Soos die kouefront deur die land beweeg, sal dit Dinsdag en Woensdag bibberkoud wees oor die sentrale dele van die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, sê Mbavhi Maliage, ’n weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Lae temperature word veral Woensdagoggend verwag, terwyl maksimum temperature in die meeste dele onder 20 °C sal wees.

In Bloemfontein in die Vrystaat word ’n minimum en maksimum van onderskeidelik -6 °C en 9 °C voorspel.

In Vereeniging in die Vaaldriehoek kan temperature Woensdagoggend -7 °C wees. Die maksimum temperatuur vir die dag sal 15 °C wees.

In Polokwane in Limpopo word ’n minimum en maksimum van 2 °C en 20 °C vir Woensdag voorspel, terwyl dit in Ladysmith in KwaZulu-Natal (-2 °C en 15 °C) en Secunda in Mpumalanga (1 °C en 16 °C) ook baie koud sal wees.

Temperature sal teen die naweek weer herstel tot “normale wintertemperature”, sê Maliage.

Geen reën word vir die komende week voorspel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.