Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog lafenis vir Kaapstad voorspel

Kapenaars kan Saterdag nog hul sambrele byderhand hou omdat dat daar ’n redelike kans is dat ligte reën sal uitsak. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die kans op reën 30%. Die maksimum temperatuur sal sowat 24 °C wees.

Sondag sal dit na verwagting aanvanklik deels bewolk wees. Die maksimum temperatuur sal 25 °C wees, volgens die Weerdiens.

Volgens die Facebookgroep Reënval in SA het dit Vrydagoggend lekker gereën op plekke soos die Strand, Bellville, Pinelands, Plumstead, Stellenbosch, Wellington en die Paarl.

In die Oos-Kaap het onder meer Uitenhage goeie reën gehad.

In die Suid-Kaap was dit Vrydag deels bewolk op plekke soos Sedgefield en George. Volgens ’n inskrywing op Reënval in SA het ’n storm Vrydagoggend agter die Outeniekwaberge in die omgewing van George verby beweeg.

Vir Saterdag word geen reën vir George voorspel nie, maar Sondag is die kans 30%. Die maksimum temperatuur in George en omstreke sal Saterdag 24 °C wees en 23 °C Sondag.

Geen reën word die naweek vir Oudtshoorn voorspel nie. Die kwik sal Saterdag tot 30 °C styg en 32 °C Sondag.

Meiringspoort is Dinsdagaand vir verkeer gesluit na oorstromings by Klaarstroom. Die pad is Woensdag oopgestel vir verkeer, maar Donderdagoggend weer gesluit vir opruimingswerk na nog reën. Daar was Donderdag ook donderstorms in Herold tussen George en Oudtshoorn.

Geen reën word die naweek vir Beaufort-Wes voorspel nie.

Saterdag word deels bewolkte weer vir Port Elizabeth voorspel en Sondag ligte reën.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.