Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog mense kla oor ‘rassistiese verkeersman’

Nog mense het vandeesweek na vore gekom om hul ervarings te deel oor ’n provinsiale verkeersbeampte in die Vrystaat wat motoriste met die tronk sou dreig en glo gesê het hy haat wit mense.

Dit kom ná ’n berig die naweek oor dié verkeersbeampte van Petrusburg wat glo ’n reputasie het onder motoriste wat die N8 gebruik.

Gavin Fincham (38), ’n verkoopsman van Bloemfontein, sê hy is in November verlede jaar vir ’n aand in die Petrusburg-polisiekantoor se selle toegesluit. Dit was nadat dieselfde beampte hom in hegtenis geneem het omdat hy ’n vragmotor teen ’n hoë spoed en op ’n sperstreep verby sou gesteek het.

“Hy het gesê hy gaan my toesluit. Toe ek vra hoekom, antwoord hy dat hy kon sien ek het meer as 160 km/h gery en die vragmotor oor ’n sperstreep verbygesteek.”

Fincham het dit ontken. “Hy het egter gesê ek stel mense se lewe in gevaar en ry roekeloos. Hy was 3 km weg, hoe kon hy sien waar ek gery het?”

Hy sê ’n ander vragmotor het ook ’n voertuig teen ’n sperstreep verbygesteek terwyl die verkeersbeampte by hom gestaan het.

Die beampte het hom laat wag, die vragmotor agterna gesit en van die pad getrek. Hy het die bestuurder ’n boete gegee en teruggekom.

Fincham het die beampte na die Petrusburg-polisiekantoor gevolg waar hy toegesluit is.

“Die volgende dag is ek na die hof geneem, maar my saak is uitgegooi sonder dat ek in die hof verskyn het.” Hy moes ’n R3 500-boete en ’n bykomende R700, wat nie verklaar kon word nie, betaal.

Volgens Fincham het hy al baie stories oor die beampte gehoor.

Hillary Mophethe, woordvoerder vir die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het nie Woensdag op navrae reageer nie, maar het vroeër gesê verkeersbeamptes kan volgens wet hul diskresie gebruik om ’n motoris in hegtenis te neem.

“Jy kan nie jou kant van die storie vertel nie. Hy luister nie na jou nie. Jy word net toegesluit. Ek wou die saak verder voer, maar die prokureur wou ’n deposito van R20 000 hê om voort te gaan daarmee. Ek het nie daardie soort geld nie,” sê hy.

In 2016 het die beampte Fincham se neef ook vir die dag toegesluit omdat hy glo “roekeloos en dronk” bestuur het.

Die man, destyds ’n student aan die Noordwes-universiteit (NWU), was van Brandfort na Kimberley op pad toe hy omstreeks 08:30 buite Petrusburg voorgekeer is.

“Hy het rustig gery toe hy die beampte se ligte agter hom sien. Die beampte het gesê hy moet op sy knieë gaan met sy hande agter sy kop en het hom geboei.”

Die man se ma, wat anoniem wil bly, beaam dat hy beslis nie onder die invloed van drank was nie. “Dit was gedurende die eksamen en my kind het nie gedrink nie. Die beampte het ook nooit bloedtoetse laat doen nie.”

Volgens haar het die beampte ’n klagstaat met “’n rits aanklagte”, waaronder dronkbestuur en roekelose bestuur, teen haar seun uitgeskryf. Niks het egter van die aanklagte gekom nie en hy is dieselfde dag laat gaan.

Hillary Mophethe, woordvoerder vir die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het nie Woensdag op navrae reageer nie, maar het vroeër gesê verkeersbeamptes kan volgens wet hul diskresie gebruik om ’n motoris in hegtenis te neem.

Sy het ook gesê die departement sal die saak ondersoek.

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.