Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog ’n dorp met trou-blomme versier

Nie lank nadat die strate van Tulbagh in die Wes-Kaap verfraai met die blomme van troues wat afgestel is nie, het dieselfde in die Paarl gebeur.

Bloemiste in die Paarl-omgewing, asook dié wat die rangskikkings in Tulbagh gemaak het, het Woensdag ingespring om die ingang van ’n ouetehuis in die Paarl te versier met die blomme wat vir uitgestelde troues bedoel was.

Weens die koronavirus moes baie bruidspare hul troues uitstel, wat kwekerye en bloemiste met talle oortollige blomme gelaat het.

Almal wat gehelp het om die blomme te rangskik.Foto: Lindy Kriek

Adene Nieuwoudt, eienaar van ’n groot blomplaas in Wolseley, het besluit om sowat 600 bosse blomme te skenk wat gebruik is om die ingang van Huis Vergenoegd in die Paarl te versier.

Onder meer dahlias, tuinrose, amarante, en Jakob Regops is in die rangskikkings gebruik, en die blomme word deur die loop van die dag natgemaak.

Nieuwoudt sê ’n hele span mense het Woensdag van omstreeks 15:00 tot 18:00 daaraan gewerk. Nico Laubscher, eienaar van NConcepts Design Studio, het die raamwerk vir die ontwerp gedoen.

Augustyn-Clark hard aan die werk met ’n masker op.Foto: Lindy Kriek

Die bloemiste wat gehelp het met die rangskikkings, is Anli Wahl (Anli Wahlfloral Design), Marcel Augustyn-Clark (Design by Marcel), Jo-Lize van der Merwe (FloralAffairs), Amanda Theron (Kadou Floral Design) en Nieuwoudt self.

“Dié blomme was bestem vir ongeveer 40 troues en funksies wat ongelukkig hierdie week gekanselleer of uitgestel is weens die Covid-19-pandemie,” sê Nieuwoudt.

“Ons het besluit dat hierdie plek, sentraal in die Paarl, die beste plek sal wees om die inwoners van Paarl en veral die ouer mense te trakteer, met die vreugde wat net blomme kan bring!”

Bejaardes van die ouetehuis bekyk die blomme.Foto: Lindy Kriek

Nieuwoudt sê die atmosfeer was elektries terwyl hulle die rangskikkings gemaak het.

“Motors het getoet, gestop om foto’s in die middel van die pad te neem, verbygangers het gestop en gestaar, drawwers en fietsryers het stilgehou om die blomme te bewonder en te ruik.

“Ek voel geëerd om deel te wees van so ’n ongelooflike gemeenskap van bloemiste en blomkwekers, wat onder sulke moeilike omstandighede kan saamkom en steeds skoonheid kan skep met die ‘taal’ wat ons almal die beste ken: blomme.”

In Tulbagh is die ingang van die koswinkel, die kerk en die apteek versier deur Wahl en Augustyn-Clark. Die blomme is ook deur Nieuwoudt geskenk.

Die ingang van Huis Vergenoegd in die Paarl nadat dit met blomme versier is. Foto: Lindy Kriek
Meer oor:  Paarl  |  Trou  |  Blomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.