Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg ’n egpaar van Bethlehem sterf

“Baai, my lief. Ek gaan jou nooit weer sien nie.”

Dit is dié laaste woorde van Bertus de Winnaar (71) aan sy vrou, Marthie (70), wat hul dogter bybly nadat albei haar ouers aan Covid-19 dood is.

Bertus en Marthie de Winnaar

Die De Winnaars van Bethlehem in die Vrystaat is dood kort voordat Kate (79) en Tommie du Plessis (84) onderskeidelik Donderdagaand en Vrydagoggend in Mediclinic Hoogland in Bethlehem dood is.

Sarie Botha, die De Winnaars se jongste, sê haar pa is op 21 Mei dood en haar ma op 3 Junie. Dié egpaar se roudiens word Donderdag gehou.

“Toe ons my ma vat (op 18 Mei nadat sy griepsimptome gekry en haar toestand vinnig versleg het), was Pappa se woorde aan haar: ‘Baai, my lief. Ek gaan jou nooit weer sien nie.’ ”

Botha sê haar pa het eers geen simptome gehad nie en het self na sy bakkie gestap toe hy siek begin voel het. Op pad na die hospitaal is hy in die bakkie aan asemnood dood.

Die egpaar word benewens Botha deur drie ander kinders, Hendrik, Carel en Martha Rabe, en sewe kleinkinders oorleef.

Enigiemand sal vir jou kan sê my ouers was twee omgeemense. Altyd daar om ander te help.

“Enigiemand sal vir jou kan sê my ouers was twee omgeemense. Altyd daar om ander te help.”

Bertus was al die jare werkswinkelbestuurder by Bethlehem Delta – ook toe dit later Bethlehem Auto geword het.

Marthie sou Woensdag haar 71ste verjaarsdag gevier het en was weer as dagmoeder bekend.

Botha sê sy het al drie haar kinders gevra om briefies vir hul grootouers te skryf.

“Shaun, die oudste, het gesê hy gaan hul grappies en vriendelikheid mis. Vernelize, die middelste een, en Shané, die jongste, het gesê Oupa se koekies. My ouers was verskriklik lief vir bak.”

Die De Winnaar-egpaar se roudiens vind Vrydag 18 Junie om 11:00 in die NG gemeente Bethlehem-Efrata plaas. Mense wat dit wil bywoon, moet hul naam, telefoon- en ID-nommer vooraf na 082 780 0136 stuur.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bethlehem  |  Sterftes  |  Covid-19  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Strenger Inperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.