Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog ’n kind in Port Elizabeth weg

Nog ’n kind is as vermis by die polisie in Port Elizabeth aangemeld.

Mbasa Ngindo (13) van Motherwell word sedert Maandagoggend vermis, en Recolin Keagan Witbooi (8) van Gelvandale het Saterdag verdwyn.

Mbasa is Sondag omstreeks 22:00 die laaste keer gesien toe sy televisie in haar ouerhuis in Ranisistraat gekyk het.

Mbasa Ngindo (13) Foto: Verskaf

Volgens kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het Mbasa se ouers haar laas gesien voordat hulle gaan slaap het, maar toe hulle Maandag omstreeks 05:00 wakker word, was hul dogter nie in die huis nie.

Beetge sê die vermoede bestaan dat die meisie ’n klein tas met klere gepak het.

’n Saak van ’n vermiste persoon word deur die polisie ondersoek.

Recolin Keagan Witbooi (8) Foto: Verskaf

Enigeen wat kan help om Mbasa op te spoor kan kapt. Monica Ndabankulu by 083 759 7551 bel.

Intussen duur die soektog na Recolin voort.

Hy is Saterdag laas gesien waar hy omstreeks 13:30 saam met maats voor sy ouerhuis in Uranusstraat gespeel het.

Recolin het die dag van sy verdwyning ’n swart kappie-top, ’n swart sweetpakbroek en ’n paar wit Nike-tekkies aangehad.

’n Maat van Recolin het blykbaar Sondag vir die polisie ’n dam in ’n nabye kloof gaan uitwys waar hulle glo die vorige dag visgevang het. ’n Soektog deur polisieduikers het egter niks opgelewer nie.

Enigeen met inligting oor Recolin kan sers. Luzuko Pehlo by 082 565 0155 of 041 401 3000 bel.

Meer oor:  Recolin Keagan Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.