Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog ’n lyk op Tafelberg gekry

Presies ’n week nadat ’n gesiggestremde 19-jarige Europese toeris op Tafelberg na sy dood geval het, is nog ’n lyk Sondagoggend op die berg gevind.

Stappers in die omgewing van die Union-ravyn het die lyk van ’n onbekende wit man, vermoedelik in sy veertigs, gesien en reddingsdienste in kennis gestel.

Die omstandighede van die man se dood is nog onbekend, maar daar word vermoed dat hy sowat 80 meter ver by die Union-ravyn geval het. Dit is ook nie seker hoe lank die lyk op die berg was nie.

Reddingswerkers van Wildernis-soek-en-redding het Sondag lank gespook om die lyk van die berg te bring. Reddingswerkers is omstreeks 11:30 na die toneel ontbied en die lyk is eers teen 13:25 van die berg gebring.

“Dit behoort jou ’n idee te gee van hoe moeilik dit was om hom daar uit te kry,” het ’n reddingswerker gesê. “Daar was nie juis ’n gelyke oppervlak om die draagbaar neer te sit nie, en baie los klippe onder my voete.”

Volgens die polisie is ’n geregtelike nadoodse ondersoek begin en ’n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.