Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog 'n noodoperasie vir rugbyspeler wat geskiet is

Gert Roets (23) van Kempton Park, wat die naweek ernstig gewond is toe daar op hom geskiet is, het Woensdagaand ’n terugslag gehad en sal Donderdag nog ’n noodoperasie moet ondergaan. Hy het ook dringend bloed nodig.

Gert Roets (23) is onder verdowing en aan ’n ventilator en dialisemasjien gekoppel in die Tembisa-hospitaal.

Roets het Woensdag omstreeks 19:00 die terugslag gehad, sê Jaco Lombard, afrigter van die Wolwe-rugbyklub in Kempton Park. Roets is ’n rugbyspeler vir dié klub.

“Die bloed wat in sy been sirkuleer, vloei nie terug na sy hart nie en hy moet dus ’n noodoperasie ondergaan. Hy benodig ook dringend bloed.”

Sy bloedgroep is A+.

“In hierdie stadium is sy ouers baie bekommerd oor hul seun. Sy vriend Devan (wat saam met hom was gedurende die voorval) was gisteraand in ’n toestand,” sê Lombard.

Aanvallers het hom in sy heup geskiet nadat hy en Devan Kruger (23), wat saam met hom vir die Wolwe-rugbyspan speel, Saterdag omstreeks 04:00 vanaf Kruger se huis in Van Riebeeckpark in Kempton Park saam met ’n vriendin na haar huis geloop het.

Dit is nie duidelik wat die rede vir die aanval was nie omdat die aanvallers gevlug het sonder om enigiets te roof, sê Lombard.

Die koeël is van sy heup af regdeur Roets se been en het sy hoofslagaar afgeskiet. Hy is na die Tembisa-hospitaal geneem waar hy die dag van die voorval ’n noodoperasie van byna agt uur lank ondergaan het.

Roets is aan ’n ventilator en dialisemasjien gekoppel in die waakeenheid van dié hospitaal. Geld word ingesamel om hom na ’n private hospitaal oor te plaas. Vir meer inligting oor hoe om ’n bydrae te lewer, gaan na die Facebook-blad, Help vir Gertjie.

’n Gebedsbyeenkoms is Dinsdagaand vir Roets in die Barnard-stadion, die tuiste van die Wolwe-rugbyklub in Kempton Park, gehou. Sowat 60 mense het bymekaargekom om vir hom te bid.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.

Meer oor:  Gert Roets  |  Kempton Park  |  Bloed  |  Noodoperasie  |  Rugbyspeler  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.