Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog ’n pienkvoet vir Johan Goosen
Aletia Goosen se aankondiging op Instagram oor haar en Johan Goosen se tweede swangerskap.Foto: Instagram
Johan Goosen en sy vrou, Aletia, en hul eersteling, Stean. Hulle verwag hul tweede seun in Maart 2018. Foto: Instagram

Die gelukwensinge stroom in nadat Johan Goosen, die voormalige Springbok-losskakel, op Instagram aangekondig het dat die gesin in Maart volgende jaar ’n pienkvoet ryker gaan word.

Goosen en sy vrou, Aletia, het Maandag op Instagram aangekondig dat hulle nog ’n seun verwag. 

Aletia, wat reeds 16 weke swanger is, het ’n foto van hul eerste seun, Stean (21 maande), by ’n swartbord gedeel. Op die bord staan: “I’m going to get a little brother. Due March 2018.”

Die inskrywing by die foto lui: “Opgewonde om aan te kondig dat iemand ’n kleinboet gaan kry. #16weekspregnant #march2018 Dankie Here vir die grootste seën van ’n gesonde babalyfie @johangoosen.”

Goosen het ook die foto op sy Instagram gedeel met drie emotikons van ’n gesiggie met ’n cowboyhoed op.

Talle mense het die egpaar gelukgewens.

Goosen deel graag foto’s van hom en Stean waar hulle met ’n rugbybal speel. 

Voorheen is daar berig  dat Montpellier glo daarin belangstel om Goosen uit sy bestaande kontrak by Racing 92 te koop, maar sy agent, Eduard Kelder, kon nie daarop kommentaar lewer nie omdat die saak nog nie afgehandel is nie.


Meer oor:  Johan Goosen  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.