Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg nuus waaraan jy kan vát vir die Vrystaat

Die Gautengse dagblad Beeld word nou drie dae per week in nog vyf Vrystaatse bestemmings – Kroonstad, Ventersburg, Welkom, Hennenman, Winburg en Bloemfontein – versprei.

Altesame 1 900 eksemplare word by dié plekke langs die N1 gelewer. Sasolburg en Parys kry reeds Beeld. Die koerant is van Woensdag tot Vrydag by kleinhandelaars beskikbaar. Die omslagprys is R13,40.

  • Geen huisaflewering of straatverkope word gedoen nie. Na aanleiding van lesersnavrae deel Volksblad, as ’n lid van Media24 se groot Afrikaanse nuusfamilie, die tyding oor Beeld se koms na dié Vrystaatse plekke.

Ná die sluiting van Volksbladse drukkoerant het die maatskappy my oor die sirkulasie-uitbreiding van Beeld soos bo geken. Dit is ’n bykomende Afrikaanse nuus-aanbod naas Netwerk24 aan Vrystaters en vul veral die behoefte aan ’n papierkoerant by sommige lesers.

Dit is nie ’n Vrystaatse papierkoerant nie, maar ’n Gautengse koerant wat soos altyd Vrystaatse nuusinhoud ook dra, nes Beeld ook kennis neem van gebeure elders in die land.

Volksblad se e-koerant (wat nes ’n papierkoerant lyk) op Netwerk24 bly die primêre Afrikaanse dagblad in ons streek – propvol Vrystaatse nuus van Maandag tot Vrydag. – Gert Coetzee, redakteur

Meer oor:  Vrystaat  |  Koerant  |  Nuus  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.