Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog personeel in vakansietyd na grensposte gestuur

Die polisie, die departement van binnelandse sake en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sal al drie in die vakansietyd bykomende personeel na die land se grensposte stuur, het dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, Sondag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

Dr. Aaron Motsoaledi

Dit word gedoen om opeenhopings by die grensposte te verminder.

Die departement van binnelandse sake sal nog 400 mense hierheen ontplooi, die polisie 80 en die SAID 86, sê die minister.

Die meeste van dié bykomende personeel sal na die besigste grensposte soos Beitbrug (Zimbabwe), Lembombo (Mosambiek), Maserubrug (Lesotho) en die Ficksburg-grenspos (Lesotho) gestuur word.

Die kapasiteit by die grensposte sal van Woensdag tot 13 Januarie verhoog word.

Voorts sal die Lembombo- en Oshoek (Swaziland)- grensposte 24 uur per dag oopbly, sê die minister.

Van die ander grensposte sal vir tussen een en sewe uur langer as gewoonlik oop wees.

Die ministerie het ’n beroep op reisigers gedoen om seker te maak hul reisdokumente is in orde voordat hulle by die grensposte aankom. Dit sluit in paspoorte, visums, gesondheidsertifikate, permitte vir gespesialiseerde goedere, plante en diere, en versekeringspermitte en dokumente van handelsbanke om voertuie uit die land te neem.

Die eerste buitelanders wat as deel van ’n proeflopie elektronies om visums aansoek gedoen het, het Saterdag vanuit Kenia in die land aangekom.

Die minister het voorts gesê die eerste buitelanders wat as deel van ’n proeflopie elektronies om visums aansoek gedoen het, het Saterdag vanuit Kenia in die land aangekom.

Die span wat die stelsel toets, sal volgende week na Kenia terugkeer om haakplekke uit te skakel.

Die nuwe stelsel sal vroeg in die nuwe jaar ook in China, Indië en Nigerië getoets word.

Intussen hoef Tunisiërs ook nie meer om visums aansoek te doen om Suid-Afrika te besoek nie. Altesaam 83 lande se inwoners het nie visums nodig om die land te besoek nie. Dié 83 lande tel onder die lande wat die meeste toeriste wêreldwyd oplewer.

* Intussen sal die Nasionale Raad van Provinsies Dinsdag die nuwe Wet op die Grensbeheerowerheid (BMA) oorweeg.

Die BMA-projekspan is tans besig om die tegniese aspekte van die BMA te finaliseer.

Motsoaledi sê hy het die projekspan beveel om aanvanklik te fokus op die grense tussen Limpopo en Zimbabwe, tussen Mpumalanga en Mosambiek en tussen KwaZulu-Natal en Mosambiek.

“Ons is bewus van ’n video op sosiale media van ’n ernstige veiligheidsbreuk op een van ons grense. Ons kan bevestig dat dit nie te ver is van die Lembombo-grenspos (met Mosambiek) nie,” het Motsoaledi gesê.

“Ons neem die voorval baie ernstig op en is in gesprek hieroor met die weermag en die departement van vervoer.”

Meer oor:  Aaron Motsoaledi  |  Vakansietyd  |  Personeel  |  Staat  |  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.