Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg reën in Kaap sorg vir koue, nat naweek

Nóg reën, wind en koue hou Kapenaars die naweek binnenshuis, nadat nog ’n kouefront Saterdagoggend inbeweeg het.

Waar sommige inwoners bloot hul beplande fietsoefening moes uitstel, het die owerhede inwoners, veral die in sommige informele nedersettings, gewaarsku van moontlike oorstromings.

Inwoners probeer Donderdag van hul besittings red nadat hul huise in ’n informele nedersetting in Bloekombos in Kraaifontein oorstroom het. Foto: Gallo Images

Op die Facebook-groep Reënval in SA skryf ’n inwoner van Nuweland daar het tussen 03:00 Saterdagoggend en ongeveer 08:30 al 40 mm reën geval.

’n Inwoner van Blouberg het ’n video gedeel van reëndruppels wat swaar teen ’n venster val en het daarby geskryf: “Ek dink ek bly maar binne vanoggend. Fietsry is uit!”

Iemand anders sê: “Dit is heerlik nat in die Strand. Heerlike, lieflike Kaapse winter met sagte tot harder reën en wind. My soort weer.”

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die kouefront teen Maandag opklaar en word tussen 10 en 20 mm reën in die suidwestelike dele van die Wes-Kaap verwag.

Sterk wind van 40 km/h word Saterdag in die Strand, Kommetjie en Kaappunt verwag en windspoed sal tot 50 km/h in Hermanus bereik.

Die Wes-Kaapse regering het Vrydag ’n waarskuwing uitgereik dat inwoners in laagliggende gebiede daarop bedag moet wees dat riviere reeds in vloed is weens die afgelope week se goeie reënval.

Lansdowneweg in Ottery het vroeër die week oorstroom. Foto: Jaco Marais

Die Kaapstad-metro sê hy het die laaste paar dae meer as 160 assesserings gedoen van die oorstromings van nuwe sowel as bestaande nedersettings wat op laagliggende terreine geleë is.

“Baie van die ouer, bestaande gebiede wat voor die aanvang van die winterreënval as ’n hoë risiko beskou is en waar voorkomingsmaatreëls ingestel is, is tot dusver van die ergste oorstromings gespaar,” sê Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings.

“Ongeveer 70% van alle nuwe onwettig besette gebiede kan egter nie gehelp word nie weens die laagliggende terrein, insluitend vloedvlaktes, vleilande en versonke gebiede.

“Baie van die brandpunte vir oorstromings is in die gebiede wat onlangs beset is, soos in Mfuleni, Kraaifontein, Dunoon en Khayelitsha,” sê hy.

“Die toename in onwettige besetting sedert die begin van die Covid-19-inperking in Maart verlede jaar veroorsaak ernstige uitdagings.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Reën  |  Koue Front  |  Wind  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.