Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nog reën op pad na Wes- en Oos-Kaap

Nog reën word Donderdag en Vrydag oor die Wes- en die Oos-Kaap verwag en donderweer kan na verwagting die naweek voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ’n 30%-kans op reën Donderdagoggend oor die Suidwes-Kaap en teen die middag oor die Suid-Kaap.

Reën kan in Kaapstad, die Paarl, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai val.

In die Oos-Kaap is daar ’n 30%-kans op reën die middag in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Port St. Johns, Joubertina, Graaff-Reinet, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort en Mthatha.

Donderweer en reën word Saterdag en Sondag oor dele van die Suid- en die Oos-Kaap voorspel.Foto: Werner Hills

Teen Vrydag is daar ’n 60%-kans op reënbuie op George en Mosselbaai, sowel as in Oos-Londen, Port St. Johns, Bisho en Mthatha.

Reënbuie word ook verwag op Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Worcester, Beaufort-Wes, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Joubertina, Graaff-Reinet, Grahamstad, Fort Beaufort, Cradock en Queenstown.

Saterdag is daar ’n 30%-kans op donderweer en reën op Ceres, sowel as op Calvinia en Sutherland in die Noord-Kaap. In Port St. Johns en Mthatha is daar ook ’n 60%-kans op reënbuie.

Verder word ’n 30%-kans op reën vir Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Grahamstad, Bhisho, Fort Beaufort en Queenstown voorspel.

Vir Sondag word ’n 30%-kans op donderweer en reën vir Riversdal, Mosselbaai, George, Oudtshoorn, Port St. Johns, Graaff-Reinet, Grahamstad, Fort Beaufort, Mthatha, Cradock en Queenstown voorspel.

Reënbuie kan ook in Port Elizabeth, Plettenbergbaai, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Joubertina en Bhisho voorkom.

Die vlak van die Voëlvleidam tussen Wellington en Gouda het Maandag – teenoor 27,26% in die ooreenstemmende tyd verlede jaar – op 96,26% gestaan. Dié foto is op 2 Oktober vanjaar geneem. Foto: Samuel Walters

Damvlakke se stand

Maandag was die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak op 66,12% teenoor 65,67% ’n week gelede. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was dit op 36%.

Die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel het tot 75,75% gestyg teenoor 75,51% ’n week gelede. ’n Jaar gelede was dit op 37,43%.

Dit sluit in die Benede-Steenbrasdam op 91,83%, die Voëlvleidam op 96,26%, die Bergrivierdam op 99,4% en die Wemmershoekdam op 95,14%.

Slegs 4,8 mm reën is die afgelope sewe dae by die Benede-Steenbrasdam gemeet.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het tot 58,41% van 57,64% in die vorige week gestyg. ’n Jaar gelede was dit 27,67%.

Die Clanwilliamdam, in die noordweste van die Wes-Kaap, is 100,09% vol, teenoor 40,37% ’n jaar gelede.

Bouwerk om die damwal met 13 m te verhoog is Maandag hervat en behoort binne vier jaar voltooi te word.

Intussen het die vlak van die Kareedam, buite Calvinia in die Noord-Kaap, van 61,91% tot 61,06% gedaal. ’n Jaar gelede was dit net 1,14% vol.

In die Suidwes-Kaap is talle van die damme nog 100% vol.

Dit sluit in die Ceresdam op 100%, die Roode Elsbergdam, naby De Doorns, op 100,24%, die Eikenhofdam, buite Grabouw, op 101,64%, die Elandskloofdam, buite Villiersdorp, op 100,71% en die Stettynskloofdam, tussen Worcester en Franschhoek, op 100,75%.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, het Maandag tot 58,41% van 57,64% die vorige week gestyg. Dié foto is op 27 September vanjaar geneem. Foto: Chrisjan Cruywagen

Talle damme in die Karoo en dele van die Suid-Kaap bly egter uiters leeg.

Dit sluit in die Floriskraaldam, suid van Laingsburg, op 5,93%, die Leeu-Gamkadam op 0,09%, die Oukloofdam, naby Prins Albert, op 0,49%, die Kammanassiedam, tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp, op 4,52% en die Stompdriftdam, naby Oudtshoorn, op 6,02%.

Die Miertjieskraaldam, by Riversdal, is ook slegs 7,59% vol, die Calitzdorpdam se vlak is 13,9% en die Hartebeestkuildam, naby Mosselbaai, staan op 4,79%.

Goeie reën het egter die afgelope week in die omgewing van George uitgesak en gesorg dat sommige damme in die Suid-Kaap se vlakke gestyg het.

Altesaam 31 mm reën is by die Haarlemdam, suid van Uniondale, gemeet en die damvlak het van 91,8% tot 95,3% gestyg.

By die Ernest Robertsondam, tussen George en Mosselbaai, is 19,4 mm gemeet en die vlak het van 100,82% tot 100,95% gestyg.

By die Tuinroetedam, naby George, is 14 mm reën gemeet, maar die vlak het van 69,58% tot 68,42% gedaal.

Ook 11,6 mm is by die Roodefonteindam, naby Plettenbergbaai, gemeet en die vlak is onveranderd op 101,34%.

By die Klipheuweldam, tussen George en Mosselbaai, is 9,6 mm gemeet en die vlak het van 73,45% tot 74,94% gestyg.

By die Wolwedansdam, naby Mosselbaai, is 6,8 mm reën gemeet, terwyl die damvlak van 78,42% tot 75,98% gedaal het.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens (Sanw)  |  Wes-Kaap  |  Oos-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.