Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nóg vragmotors gebrand
Groot skade. Een van die vyf vragmotors wat Saterdag in die Vrystaat aangeval, met petrolbomme bestook en uitgebrand is.Foto: SAPD

Vyf vragmotors is Saterdagaand tussen Parys en Sasolburg aangeval, met petrolbomme bestook en uitgebrand.

Dit volg nadat minstens nege vragmotors Donderdagnag op die N3 naby Heidelberg uitgebrand is.

’n Vragmotor wat stadig naby ’n oorbrug beweeg het, is gisteroggend in Germiston geplunder.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Saterdag omstreeks 21:00 gebel nadat die eerste vragmotor met ’n petrolbom op die R59 gegooi is. Die bestuurder is toe gedwing om sy vragmotor skuins oor die pad te parkeer.

’n Groep aanvallers het op nog vier ander vragmotors geskiet en die bestuurders gedwing om stil te hou.

Makhele sê volgens die bestuurders het almal uit die vragmotors gevlug en in die veld gaan wegkruip.

Die aanvallers het hierna al die vragmotors aan die brand gesteek.

Makhele sê dit is onbekend wat die motief vir die aanval was. Die vragmotorbestuurders is in Parys vir skok behandel.

Intussen het die bedingingsraad vir die padvrag- en logistieke bedryf ’n prokureursbrief aan die All Truck Drivers Forum (ATDF) geskryf waarin hy aan die ATDF vra of hy verantwoordelik is vir ’n opruiende boodskap wat tans die ronde op sosiale media doen.

Vernietig. Een van die vyf vragmotors wat Saterdag in die Vrystaat aangeval, met petrolbomme bestook en uitgebrand is. Foto: SAPD

Die brief is deur die regsfirma Moeti Kanyane geskryf en aan die ATDF gestuur.

In die boodskap word Suid-Afrikaans vragmotorbestuurders aangehits om op 23, 24 en 25 November aan ’n “skoonmaakoperasie” deel te neem.

Volgens die boodskap word Suid-Afrikaners se lewens in gevaar gestel deur buitelandse vragmotorbestuurders met vervalste lisensies.

Alle vragmotorbestuurders, dié wat werk het en werkloses, moet die protesaksie ondersteun “omdat net Suid-Afrikaners toegelaat moet word om in die land vragmotors te bestuur”.

Die bedingingsraad eis dat die ATDF hom moet distansieer van die gewelddadige uitsprake en aanhitsing.

Die raad eis ook dat die ATDF skriftelik sal onderneem om nie ’n algehele staking uit te roep nie en sy lede opdrag sal gee om nie in te meng in die normale werksaamhede van kommersiële vragmotormaatskappye nie.

ATDF moet ook onderneem dat sy lede nie vragmotorbestuurders sal dreig of teister nie en ook nie vragmotors of enige ander eiendom van vervoermaatskappye sal beskadig nie.

Gavin Kelly, hoof van die Padvragvereniging (RFA), sê die organisasie veroordeel die aanvalle op vervoermaatskappye.

Ongeag wat die klagtes of besorgdhede van die onderskeie partye is, is dié aanvalle onaanvaarbaar.

Kelly het bewerings verwerp dat die aanvalle oor buitelandse vragmotorbestuurders gaan en sê daar is ’n ander, verskuilde agenda.

Die RFA het die owerhede gevra om in te gryp in die krisis.

Meer oor:  Rfa  |  Parys  |  Sasolburg  |  Vragmotors Gebrand  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.