Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nooddienste spook met pasiënte én boewe

Nooddienste in die Wes-Kaap moes die Paasnaweek bontstaan en meer as 6 000 mense in die provinsie bystaan, terwyl hulle toenemend onder misdadigers deurloop.

Die provinsiale gesondheidsdepartement sê nooddienswerkers het van 10 tot 13 April op 6 444 voorvalle gereageer, waaronder 706 kraamvoorvalle en 247 waarby wapens betrokke was.

Deanna Bessick, woordvoerder van die nooddienste, sê daar was 184 voorvalle in die sogenaamde rooi sones, wat Tafelsig en Beacon Valley in Mitchells Plain insluit.

“Die polisie moet ambulanspersoneel na hierdie gebiede vergesel,” sê sy.

Volgens Bessick duur die aanvalle op nooddienste voort, en is ’n ambulans Saterdag omstreeks 23:34 in Delft met klippe bestook toe paramedici ’n pasiënt in Blikkiesdorp opgelaai het.

“ ’n Manlike en vroulike paramedikus het die pasiënt opgelaai toe hul voertuig met hul terugkeer met klippe bestook is. Niemand is beseer nie, maar die paramedici moes berading ontvang.”

Dr. Shaheem de Vries, direkteur van die nooddienste, het ’n beroep op die provinsie se inwoners gedoen om saam met ambulansdienste en noodpersoneel te werk aangesien hulle ’n noodsaaklike en belangrike diens in gemeenskappe lewer.

Meer oor:  Pasiënte  |  Inperking  |  Wes-Kaap  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.