Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Werkers in Oos-Kaap staak steeds

Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement kort 224 ambulanse om ’n doeltreffende diens in die provinsie te lewer.

Jane Cowley. Foto: Argief

Dit is luidens ’n mediaverklaring wat die DA Dinsdag uitgereik het ná die nuus dat provinsiale nooddienspersoneel in die Oos-Kaap Maandag onwettig begin staak het.

Hulle dring aan op die betaling van oortyd en agterstallige salarisse van so lank gelede as 2000.

Jane Cowley van die DA het Dinsdag in die wetgewer gesê die optrede van die nooddienspersoneel is ’n bewys dat die gesondheidsdepartement 6 miljoen inwoners se lewens in gevaar stel omdat hy die verknorsing waarin die nooddienspersoneel verkeer, voortdurend ignoreer.

“Die situasie waarin nooddienspersoneel daagliks verkeer, is eenvoudig onuithoudbaar en dit is die rede vir die protesoptrede. Die departement takel nie die kwessies nie.

“Nypende personeeltekorte lei daartoe dat nooddienswerkers baie langer ure werk as wat wettig is, maar hul oortydbetaling word tot 30% van hul maandelikse salaris beperk. Betaling van so lank terug as 2003 is steeds uitstaande,” het Cowley gesê.

Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die gesondheidsdepartement, het Maandag in ’n verklaring erken dat oortydbetaling van 2015 tot 2018 verwerk word. Volgens hom is daar ook ’n dispuut oor oortydbetaling tussen 2003 en 2014 en is die departement en vakbonde besig om die kwessie te bespreek.

Cowley meen die probleem word weens ’n tekort aan hulpbronne vererger, veral wat noodvoertuie betref. Die provinsie moet 640 werkende ambulanse hê, maar het slegs 416 “waarvan amper die helfte onklaar is”.

Volgens haar het die departement ook die getal goedgekeurde noodhulpkursusse verminder, al het ’n paneel kundiges aanbeveel dat dié kursusse uitgebrei word.

Die DA begryp die frustrasie van nooddienswerkers en het die departement versoek om dringend aandag aan sy uitdagings te gee.

“Die DA is van mening dat ’n goed toegeruste provinsiale nooddiens met genoeg personeellede noodsaaklike gesondheidsdienste sal kan lewer aan diegene wat dit nodig het.”

Meer oor:  Da  |  Staking  |  Ambulanse  |  Nooddienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.