Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Noodtoestand in Kaapstad gevra ná treinaanval

Die Kaapstad-metro het ’n beroep op Blade Nzimande, minister van vervoer, gedoen om in te gryp en ’n noodtoestand betreffende spoorvervoerdienste in Kaapstad af te kondig ná ’n aanval op ’n trein wat Vrydag op pad Stellenbosch toe was.

Die Kaapstad-metro het ’n beroep op Blade Nzimande, minister van vervoer, gedoen om in te gryp en ’n noodtoestand betreffende spoorvervoerdienste af te kondig ná ’n aanval op ’n trein wat die naweek op pad Stellenbosch toe was. Foto: Argief

Brett Herron, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir vervoer en stedelike ontwikkeling, het Maandag gesê Nzimande se spesiale raadgewer het bevestig dat hulle die versoek ontvang het.

Vyf mans het pendelaars Vrydag tussen Lynedoch en Eersterivier naby Stellenbosch aangeval, beroof en van ’n Metrorail-trein afgegooi. ’n 32-jarige man is dood en agt mans is beseer. Een van die slagoffers is met ’n afgebreekte meslem in die kop aangetref.

“Ek is uiters geskok deur die grusaamheid van die jongste aanval. Kaapstad se treinpendelaars is van die kwesbaarste in ons gemeenskap en nou moet hulle sulke geweld ook daagliks trotseer,” het Herron gesê.

Richard Walker, streekbestuurder van die passasierspooragentskap Prasa, het gesê Metrorail en die polisie werk nou saam om die nuutste vlaag van misdaad op openbare vervoer in die provinsie te bekamp.

Herron wil hê dat die nasionale regering bykomende hulpbronne beskikbaar stel om die aanvalle te ondersoek en die skuldiges aan te keer en te vervolg.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Blade Nzimande  |  Brett Herron  |  Noodtoestand  |  Treinaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.