Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Noor vaar Tafelbaai op ‘kreupel’ seiljag binne
06 September 2018

Die oomblik toe sy seiljag omgeslaan het, het ’n Noorse alleenvaarder gedink dit is hoe dit moet voel om in ’n wasmasjien te wees.

Die 58-jarige Are Wiig, ’n deelnemer aan die Golden Globewêreldvaart, het ook gewonder hoe hierdie penarie gaan eindig.

Wiig het Sondag in Tafelbaai aangekom nadat sy jag, Olleanna, dae tevore erg in ’n storm beskadig is.

Die Noorse alleenvaarder Are Wiig op die Olleanna.Foto: Verskaf

Soos vroeër berig is sy seiljag meer as ’n week gelede reeds twee keer platgeslaan. Ná die eerste keer het hy die geringe skade herstel, maar verlede Maandag het die jag sowat 400 seemyl suidwes van Kaapstad ’n volle 360° gerol en die mas het morsaf gebreek.

Wiig, wat toe in die vierde plek was, het ’n stormwind van 50 knope in ’n deining van 7 tot 8 m hoog getrotseer.

Die organiseerders het daarna per satellietfoon met hom geskakel, maar hy het hulp van sy teenstanders van die hand gewys en gesê hy sal Kaapstad op eie stoom bereik.

Hy het daarna in ’n wind van 35 tot 45 knope eers ’n ruk laag gelê.

Wiig het die gebreekte mas afgesaag en daarna behoorlik gespook om dit van die Olleanna se romp af weg te kry om verdere skade te voorkom. Hy het die noodseil daarna gespan.

Wiig sê die vaart was vir hom ’n groot uitdaging, en erken hy was bang toe die jag gerol het.

Dit het gevoel asof die seiljag binne ’n wasmasjien is. “Ek was ’n bietjie bang, maar ook nuuskierig oor wat volgende gaan gebeur.”

Hy was verlig toe die seiljag weer regop gekom het.

’n Week later het hy in die Kaap aangekom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.