Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Northcliff se kees gevang en veilig
Die bobbejaanmannetjie wat Northcliff op hol gehad het. Foto: SCP Security / Facebook

Die vlugvoetige bobbejaan van Northcliff in Johannesburg is Sondag ná amper twee weke gevang.

Cora Bailey van Community Led Animal Welfare (Claw) sê sy is verlig dat die bobbejaanmannetjie nou veilig is.

Sy het bevestig dat die bobbejaan in ’n plek van veiligheid aangehou word totdat hy later in die wildernis vrygelaat kan word.

“Hy verdien ’n kans op ’n beter lewe,” sê Bailey.

Volgens Bailey is die verwarde kees vroeg Sondag in ’n stil gebied van Krugersdorp in ’n vanghok gevang.

Claw-personeel het twee weke lank geduldig gewag dat die rondloper moet swig vir die lekkernye wat hulle in die vanghok vir hom geplaas het.

Bailey sê sy vermoed die kees was oorweldig deur die mense en het skuiling gaan soek in stiller plekke.

Díe bobbejaan het mense op sosiale media gaande gehad nadat hy vroeër in Julie eers doenig was in Northcliff, toe Randburg en Johannesburg, daarna in Rooseveltpark en op 10 Julie weer terug na Northcliff is.

Sy vlugtog oor winkelsentrumdakke en sypaadjies is vasgevang op veiligheidskameras en deur ’n hommeltuig.

Bailey vermoed die mannetjie het sy trop verlaat en soek na ’n nuwe trop.

“Maar sulke alleenlopers kan ’n ewigheid vat voordat hulle besluit,” sê Bailey.

Sy sê dit is natuurlike gedrag vir primate, maar dat verstedeliking dit ongelukkig in die war bring.

“Al waarna hy op soek was, is ’n nuwe trop, maar al wat hy toe kry, is eiendomsontwikkelings en ’n golflandgoed,” sê Bailey.

Foto’s van die kees en sy vrylating sal later vrygestel word.

Meer oor:  Northcliff  |  Randburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.