Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Noue ontkoming vir Duitse toeris by Heroldsbaai

’n Duitse toeris het Vrydag ’n noue ontkoming gehad toe hy in ’n trekstroom by Heroldsbaai in die Suid-Kaap beland het.

Twee noodreddingswerkers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en twee lede van die publiek het tot die man se redding gekom.

Volgens Warren Page, NSRI-woordvoerder, het een van hul reddingswemmers en twee munisipale lewensredders van George wat op die toneel aangekom het, gesien hoe twee barmhartige samaritane reeds die man gaan help het waar die stroom hom ál dieper in die see ingetrek het.

“Die twee samaritane, ’n onbekende blanderplankryer en ’n lyfplankryer, het dit reggekry om die 59-jarige man veilig na die kuslyn te bring die branderplank en lyfplank as dryfmiddels vir die man te gebruik.”

Die NSRI-swemmer en die twee lewensredders het die golwe met hul boeie trotseer en die man nader na veiligheid gehelp. Toe hulle by die vlakker waters kom, het die noodreddingswerkers oorgeneem en die man veilig tot op die strand gekry.

Nog reddingspanne het op die toneel verskyn om die man, wat saam met sy vrou en twee kinders op vakansie was, te hulp te snel.

Hy het nie verdere behandeling nodig gehad nie en is met sy gesin en vriende herenig.

’n Duitser het Vrydag ’n noue ontkoming by Heroldsbaai gehad toe hy in ’n trekstroom beland het. Foto: Eugene Gunning, Argief

Meer oor:  Heroldsbaai  |  Verdrinking  |  Seeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.