Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Novak ‘skakel Rafa in SA uit’

’n Winkelsentrum in Groenpunt het lekker gebloos nadat hulle per ongeluk twee toptennisspelers se foto’s in hul reklame omgeruil het.

Die bloutjie wat deur die Cape Quarter-winkelsentrum geloop is.

Die Cape Quarter-winkelsentrum wou munt slaan uit die wedstryd tussen Rafael Nadal en Roger Federer Vrydag in die Kaapstad-stadion, maar toe gebruik hy per ongeluk Novak Djokovic se foto op sy groot advertensiebanier in plaas van Nadal s’n.

Die banier, waarin Cape Quarter mense aanmoedig om by dié sentrum te parkeer wanneer hulle die wedstryd bywoon, is danksy sosiale media derduisende kere meer gesien as wat oorspronklik die plan was. Mense het dit aangestuur om te spot met die flater.

Cape Quarter het die beste van ’n slegte saak gemaak en saam gespot.

In ’n “gekorrigeerde” banier op die sentrum se Facebook-blad het hy die advertensie herhaal, maar hierdie keer met Björn Borg, die Sweedse tennisheld van die 1970’s, saam met Djokovic op die banier. “Noudat ons jou aandag het, weet jy waar om vir die wedstryd te parkeer!” lui die banier.

’n Woordvoerder van die winkelsentrum, wat anoniem wil bly, het gesê die voorval is ’n verleentheid. Hulle het die gewraakte banier Woensdag met ’n nuwe een vervang.

En hul spottende repliek.

Die wedstryd tussen Federer en Nadal, The Match in Africa, is ten bate van liefdadigheid. Sowat 50 000 kaartjies is verkoop binne minute nadat verkope in September geopen het.

Die Roger Federer-stigting, wat die wedstryd gereël het, hoop om die wêreldrekord te oortref vir die meeste toeskouers by ’n tenniswedstryd. Die vorige rekord was 35 681 toeskouers by ’n wedstryd tussen Kim Clijsters en Serena Williams in 2010 in België.

SuperSport saai die wedstryd Vrydag uit, met die dubbelspel wat om 19:30 begin en die hoofwedstryd 20:30.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.