SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
NSRI, Eden oefen by blouvlagstrand
Menseredders van die Nasionale Seereddingsinstituut dra Saterdag Erneste Swanepoel op ’n draagbaar uit die see by Wildernis nadat sy byna “verdrink” het.

’n Suksesvolle noodoefening is verlede Saterdag deur die Eden-distriksmunisipaliteit en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by die strand in Wildernis, ’n blouvlagstrand, gehou.

Die munisipaliteit sê in ’n verklaring die oefening was deel van die blouvlagprogram se voorskrifte vir opvoeding en bewusmaking by strande waar die blou vlag wapper.

Die oefening het die publiek bewus gemaak van gevaarlike seestrome en van wat hulle moet doen as hulle in die moeilikheid beland. ’n “Drenkeling” is vervolgens met ’n rubberboot uit die see gered en kunsmatige asemhaling is toegedien. Die publiek is ook touwys gemaak oor tegnieke vir kunsmatige asemhaling, en kinders so jonk as vyf jaar kon hul vaardighede demonstreer.

Ná die oefening het werknemers van die distriksmunisipaliteit en die Vereniging vir die Natuurlewe en Omgewing van Suid-Afrika (Wessa) inligtingspamflette op die strand uitgedeel.

Wessa se regulasies vir blouvlagstrande bepaal onder meer dat besoekers aan so ’n strand oor die omgewing opgevoed moet word.

Verskeie belanghebbendes – onder wie die Eden-distriksmunisipaliteit, Wessa, Sanparke, die George-munisipaliteit en die Wildernis-belastingbetalersvereniging – speel ’n rol om seker te maak dat die strand by Wildernis ’n suksesvolle blouvlagseisoen beleef.

Blouvlagstatus word toegeken aan strande wat aan die internasionale blouvlagorganisasie se streng standaarde vir veiligheid, netheid, geriewe en die omgewing voldoen. Elke jaar moet opnuut om blouvlagstatus aansoek gedoen word. – Jackie Kruger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.