Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
NSRI in PE kry nuwe bevelvoerder en vier 50ste jaar

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Elizabeth vier Saterdag sy 50ste bestaansjaar met ’n ope dag by sy basis in die stad se hawe.

As ’n simboliese oorhandiging van die amp oorhandig Ian Gray (regs), voormalige stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Elizabeth, ’n teleskoop aan sy opvolger, Justin Erasmus. Foto: Cara-Lee Dorfling

Justin Erasmus sal ook sy eerste openbare verskyning as nuwe stasiebevelvoerder van Port Elizabeth se NSRI maak.

Erasmus het amptelik op 1 Oktober die leisels oorgeneem by Ian Gray, wat die eenheid langer as 20 jaar gelei het.

“Hy was sowat 20 jaar bevelvoerder en 37 jaar lid van seeredding. Dit is groot skoene om te vul. Sy kennis en ervaring is enorm,” het Erasmus oor Gray gesê. Hulle het die afgelope 19 jaar saam gewerk.

Stasie 6, soos dié basis bekend staan, is een van 41 landwyd. Benewens die twee senior lede, sal besoekers Saterdag ook die NSRI se vrywilligers, sy toerusting en die basis van nader kan leer ken.

Die reddingsbote sal oop wees vir besoekers om op te klim, maar sal onttrek word indien ’n noodsituasie sou ontstaan.

Diegene wat graag eerstehands die adrenalien van ’n NSRI-vrywilliger wil ervaar, kan ook Saterdag vir ’n gelukstrekking inskryf om ’n nabootsing van ’n NSRI-klopjag mee te maak.

Uitstallings van die Bayworld-oseanarium, asook die Suid-Afrikaanse walvisontstrengelingsnetwerk (SAWDN) sal ook te sien wees.

Die ope dag word van 09:00 tot 14:00 aangebied.

Meer oor:  Nsri  |  50Ste Bestaansjaar  |  Bevelvoerder  |  Ian Gray  |  Justin Erasmus  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.